R130mil
12jaar
208+
As handelsmerk is ons nog altyd trots Afrikaans, maar om te sê dat ‘n mens passievol oor ‘n taal is en om prakties iets te dóén om die voortbestaan en groei van jou taal te verseker is twee verskillende dinge. Dis juis om hierdie rede dat ons reeds vir meer as ‘n dekade lank ‘n stap verder gaan as net eersteklas versekering in Afrikaans, ‘n deel van ons kliënte se premies word elke maand oorbetaal aan die Virseker Trust en só met die hulp van ons polishouers help ons om ‘n beter Suid-Afrika vir beide ons en ons kinders te bou. Ons staan op die skouers van elke polishouer, want dis alleen deur hulle – ‘n groot groep mense wat elkeen ‘n klein bydrae lewer – dat ons ‘n formidabele, trots-Afrikaanse krag is wat die wêreld ten goede kan verander.
Die Virseker Trust ondersteun Akademia en Die Kampus Trust, waar Virseker polishouers help bou het aan 'n wêreldklas Afrikaanse hoëronderwysinstelling. Skenkings dra by tot die ontwikkeling van nuwe kwalifikasies, die suksesvolle uitrol van programme, die aanstelling van passievolle personeel, asook die bou van ʼn omvattende residensiële kampus.
Die Virseker Trust haal die R130 000 miljoen merk met uitbetalings aan verskeie projekte om Afrikaans en die gemeenskap te ondersteun en bevorder. Dankie Virseker polishouers, saam verseker ons Afrikaans.
Die Virseker Trust het al meer as 208 behoeftige studente gehelp met rentevrye studielenings.
Dit is nie net Virseker polishouers wat kan bydra aan die Trust
nie, jy kan ook! Kliek eenvoudig op die skakel onder en teken
vandag op om ‘n maandelikse donasie te maak.