Jou Regsbystand
"Baie goeie diens en behulpsaam ek kan hulle defnitief aanbeveel En alles word in Afrikaans gedoen."
Mnr. Peens
"Ek het uitstekende, flinke en vriendelike diens ontvang. Hou so aan dis n plesier om met julle gawe mense te werk."
Mev. Oreilly
"Virseker lewer uitstekende, professionele kliënte diens, stap die ekstra myl, baie vriendelik en hulpvaardig. Beste van als, hulle bedien hulle kliente in hul moedertaal!!. Baie dankie VIRSEKER vir julle puik diens."
Mnr. Swarts
"Die agent was baie vriendelik, hulpvaardig, professioneel en baie geduldig. N ware ster."
Mev. J.M Botha
"Baie vriendelik en verduidelik baie goed en persoonlik het gevoel dat ek nie 'n rat voor die oë gedraai is nie en dat dit op reg vir my verduidelik is sonder enige verskuilings."
Mnr. Bezuidenhoud
"Martinus was baie vriendelik en het alles mooi aan my verduidelik. Het binne 'n paar sekondes al my nodige dokumentasie ontvang."
Monika
Jy weet nooit wanneer jy regshulp nodig het nie en dit kan teen 'n buitensporige koste kom. Ontvang betroubare hulp en advies met Virseker se Regsbystand produk. Nie net sal ons verseker dat jy jou wetlike regte ken en verstaan nie, maar jy sal voordele soos onbeperkte telefoniese advies, litigasiedekking, belastingbystand, bemiddeling en meer geniet.
Om op die Regsbystand polis te eis, kontak ons op 0860 09 46 24 van Maandag tot Vrydag, tussen 08:00 en 17:00 en een van ons hulpvaardige konsultante sal jou help.
Daar is spesifieke wagtydperke met betrekking tot elke plan wat strek van 1 maand tot 3 maande. Raadpleeg die tabel hierbo vir die betrokke wagtydperk vir die verskillende plan opsies.
Ja, jy kan afsonderlik ‘n Regsbystand polis koop.