Die Virseker Trust ondersteun Akadmia en Die Kampus Trust, waar Virseker polishouers help bou het aan 'n wêreldklas Afrikaanse hoëronderwysinstelling. Skenkings dra by tot die ontwikkeling van nuwe kwalifikasies, die suksesvolle uitrol van programme, die aanstelling van passievolle personeel, asook die bou van ʼn omvattende residensiële kampus.
Die Virseker Trust haal die R130 000 miljoen merk met uitbetalings aan verskeie projekte om Afrikaans en die gemeenskap te ondersteun en bevorder. Dankie Virseker polishouers, saam verseker ons Afrikaans.
Die Virseker Trust het al meer as 208 behoeftige studente gehelp met rentevrye studielenings.
R150 000 skenking vanaf die Trust het gehelp dat meer as 43 000 liter drinkwater aan rampgeteisterde gebiede in KZN verskaf kon word.Die water is na KwaZulu-Natal gestuur, waar dit deur Helpende Hand in Afrikaanse gemeenskappe versprei is.
R50 000 skenking gemaak deur die Virseker Trust, aan boere in Jagersfontein wat deur die slikramp getref is. Een van die grootste probleme is dat slik versoorsaak dat bestaande waterbronne onbruikbaar is, die fondse word gebruik om vir nuwe grondwater te boor en nuwe waterbronne te skep.
R50 000 aan President Kruger Kinderhuis geskenk deur die Trust om hulle te help met die reuse-koste van kinderversorging.
R10 000 se kos-items word geskenk aan L/S Tygerpoort om te verskaf aan gesinne in nood.
Die Trust verskaf waterbottels aan Ons Tuis, 'n huis vir bejaardes om seker te maak die inwoners se gesondheid word nie geaffekteer deur ontwatering nie.