Omvattende versekering vir jou 4x4 of sportnutsvoertuig/”SUV”, wat jou dek van bumper tot bumper.
Virseker is 100% trots Afrikaans en waar moontlik probeer ons ook ander Afrikaanse besighede ondersteun, maar om seker te maak ons staan jou so gou as moontlik by in tye van nood, maak ons soms van Engelse derdeparty diensverskaffers gebruik.
'n Huur kar kan addisioneel by jou dekking gevoeg word sodat ons vir jou 'n stel leenwiele reël terwyl jou kar reggemaak word.
Dekking vir die kappie van jou kar kan addisioneel by jou polis gevoeg word.
Dekking vir jou standaard bykomstighede kan verhoog word met R40 000 om vir jou R50 000 se dekking te bied vir standaard bykomstighede op jou kar.
Dekking vir jou kar se klankstelsel kan addisioneel by jou polis gevoeg word.