Jou huis is nie net jou veilige plek nie, maar ook 'n waardevolle neseiertjie. Ons verstaan dit, en dis hoekom ons Gebouversekering jou huis, sonpanele, buitegeboue, heinings, swembad en tennisbaan teen 'n verskeidenheid van risiko’s beskerm.
“Byvoeging van volledige sonkragstelsel. Dit was slegs 'n oproep na Verseker om die transaksie in 'n paar minute af te handel en nuwe polis kontrak te ontvang. Goeie diens.”
Mrs. Meijer
"Die virseker-span het uit hul pad gegaan om ons by te staan. Vinnig en doeltreffend om my te help om my gebou te verseker nadat my huis opbetaal is. "Julle is virseker tops"."
Landie
"Ek het 'n eis in gesit by Verseker en wat 'n ondervinding was dit gewees. Dit is die eerste keer wat ek 'n versekeraar bel en jy hou nie aan vir ure om met 'n konsultant te praat nie en nadat die eis in gedien was het ek binne 1 dag terugvoer gekry en die nodige mense het my gekontak om my probleem op te los. Uitsteekende diens wat deur Verseker gelewer was. 10 unit 10."
Mnr. Koedyk
"Neil was baie behulpsaam en raad was insiggewend om te verstaan hoe my polis gestruktureer is en om ook my beleid te hersien en 'n inventaris op te stel om my totale inhoud in die geval van 'n vloed of brand te verseker."
Anzel
"Virseker se konsultant was vriendelik en professioneel. Sy het al my vrae beantwoord en kon dadelik 'n kwotasie stuur. Baie dankie."
Xander K
“Is al 5 jaar by hulle, elke eis is professioneel, vriendelik en effektief hanteer. Oproepsentrummense is goed opgelei en behulpsaam. Diens is uitstekend.”
Annemarie V
Gereelde Vrae
Wat word deur Geboueversekering gedek?
Virseker se geboueversekering dek jou huis, sonpanele, buitegeboue, heinings, swembad en tennisbaan teen 'n verskeidenheid van risiko’s soos brand; aardbewings; weerlig; oorstromings; gebarste pype; kragoorlading en grondinsinking.
Is dekking vir my boorgat en swembad toerusting automaties ingesluit?
Boorgat en swembad toerusting is nie automaties ingesluit nie, om dekking te geniet moet dit gespesifiseer word op jou polis.
Is dekking vir my geiser automaties ingesluit?
Geiser dekking is nie automaties ingesluit nie, om dekking te geniet moet dit gespesifiseer word op jou polis.
Is my sonpanele gedek onder Geboueversekering?
Sonpanele word gedek onder Virseker se geboueversekering.
Koekies
Hierdie webwerf gebruik koekies om jou ervaring te verbeter. Deur die webwerf te besigtig, aanvaar jy hierdie gebruik van koekies. Sien ons privaatheidsbeleid.