Let Wel

Die Virseker Trust help om ’n Afrikaanse universiteit te bou

2 min lees tyd
Virseker trust 01 Februarie 2016 deur Virseker

Dit is geen geheim dat ons ’n diep liefde vir Afrikaans koester nie. Ons is mal oor Afrikaanse mense, Afrikaanse sêgoed, Afrikaanse musiek en natuurlik Afrikaanse eetgoed! 

 

Vanselfsprekend, is ons ook ontfermend teenoor Afrikaans en is dit vir ons baie belangrik dat ons relatiewe jong taal nog lank sal voortleef. Daarom het ons die Virseker Trust begin. Elke maand skenk ons ’n persentasie van Virseker-kliënte se premies aan die Virseker Trust met die doel om Afrikaans te bevorder en te versterk.

 

Soos Dirk Hermann, voorsitter van die Virseker Trust, sê: “As jy jou versekering by Virseker uitneem, verseker jy nie net jou motor en huisinhoud nie, maar ook ’n jongmens se toekoms.”

 

Een van die maniere waarop die Virseker Trust bydra tot Afrikaans se voortbestaan, is deur moedertaal-onderwys inisiatiewe te ondersteun. Deur die trust maak ons byvoorbeeld skenkings aan die Rapport Onderwysfonds, asook die Vereniging van Afrikaanse Wiskunde Onderwysers. Boonop het die Trust ook reeds talle beurse aan Afrikaanssprekende studente oorhandig.

Ons woordvoerder, Elmarie Twilley , beaam hoe belangrik die fonds werklik vir ons is: “Hoewel Virseker ’n sterk korttermyn-versekeringsproduk is, glo ons dis sy maatskaplike karakter wat hom regtig onderskei.”

Maar ons glo ook dat tersiêre moedertaalonderrig van kardinale belang is vir Afrikaans om werklik te floreer. Dis hoekom ons baie trots is om Akademia, ’n splinternuwe Afrikaanse universiteit wat deur Solidariteit gestig is, te ondersteun.

 

Die universiteit is verlede jaar in November formeel bekend gestel as ’n “gemeenskapsuniversiteit” wat met behulp van innoverende tegnieke bekostigbare, kwaliteit onderrig vir meer mense beskikbaar te stel.

 

Marthinus Visser, besturende direkteur van Akademia, het by die bekendstelling verduidelik hoe van dié oplossings werk. Die universiteit maak gebruik van onderrigmetodes wat klasse deur middel van interaktiewe video-tegnologie regstreeks na sewe sentrums dwarsoor Suid-Afrika uitsaai. Deur dié onderrigmetode wil Akademia die “afstand” uit afstandonderrig verwyder.

 

Nie net maak Akademia gebruik van gemeenskapsentrums om hul klasse in aan te bied nie, hulle het ook ’n gemeenskapsforum gestig sodat die nuwe universiteit jaarliks met die Afrikaanse gemeenskap in oorleg kan tree.

 

Akademia bied reeds graadkursusse in ekonomiese wetenskappe aan en sal binnekort ook grade in regte en verpleegkunde ontwikkel. Uiteindelik is Akademia van plan om in ’n volledige akademiese aanbod te ontwikkel.

 

Hierdie diep-gewortelde gemeenskapsbande is ook deur Flip Buys, voorsitter van Solidariteit, beaam by die bekendstelling. Hierdie poog werklik om ’n universiteit te wees wat aan die gemeenskap behoort.

 

“Solidariteit het die noodsaaklikheid van ’n Afrikaanse private universiteit van hoë gehalte besef. Alhoewel Akademia uit Solidariteit gebore is, wil ons graag die instelling vir gebruik van die totale Afrikaanse gemeenskap beskikbaar stel,” het hy verduidelik.

 

Hy het ook beklemtoon dat Akademia in elke opsig ’n hoëronderwys-instelling is wat uit die Afrikaanse gemeenskap gebore is. “Akademia word hoofsaaklik gefinansier deur die maandelikse R10-bydraes van Solidariteit-lede en ’n borgskap deur die Virseker Trust.”

 

Virseker bied dus nie net volledige motor-, huis- en gebouversekering nie, maar ook die geleentheid vir Afrikaanssprekendes om ’n daadwerklike verskil te maak in hul gemeenskap en Suid-Afrika as ’n geheel.

Het jy hierdie geniet?

Teken op vir die nuutste Virseker nuus!

Bly op hoogte van alles Afrikaans!