Virseker skenk R9.3 miljoen aan Akademia

 

Virseker het op 26 Februarie ‘n tjek ter waarde van meer as R9.3 miljoen aan die privaat Afrikaanse universiteit, Akademia, oorhandig. Dit het plaasgevind tydens die universiteit se bekendstelling van hul nuwe kampus in Centurion.

Akademia het pas sy vyfde akademiese jaar betree, met meer as 400 studente, 7 studiesentrums landswyd, 2 BCom-graadprogramme (Ondernemingsbestuur en Bestuursrekeningkunde) en verskeie diploma- en hoërsertifikaatprogramme wat hier aangebied word. Klasse vir hierdie kursusse word in ‘n afstandsonderrig-formaat, met behulp van topgehalte oudiovisuele- en telekommunikasie tegnologie, aangebied.

Die universiteit beoog om studentegetalle in 2017 van 400 tot 700 te groei, studiesentrums te vermeerder van 7 tot 15 en kursusse in onder andere BCom Ekonomie en Regte, BCom Finansiële Beplanning, BRek en Verpleegkunde aan te bied.

Elmarie Twilley, woordvoerder van Virseker, sê: “Dié oorhandiging lê weereens klem op Virseker se volgehoue toewyding tot die bevordering van eersteklas Afrikaanse onderrig. Danksy die lojale ondersteuning van elke Virseker-kliënt kan ons met trots ons steun aan projekte soos dié, sowel as ander soos die Rapport Onderwysfonds en die ontwikkeling van Afrikaanse leertoepassings, verleen.”

Jy kan ook deel wees van die ondersteuningsprogram. Al wat jy moet doen is om versekering deur Virseker uit te neem (wat jy sommer vinnig aanlyn kan doen) want elke maand skenk ons ‘n gedeelte van al ons premies aan die Virseker Trust wat geleenthede soos dié moontlik maak.

 

Foto’s verskaf deur Solidariteit.

Tjekoorhandiging

Tjekoorhandiging met Annelie Cloete van Virseker, Marthinus Visser van Akademia en Dr. Dirk Hermann van Solidariteit.

 

 Ateljees

Een van die ateljees waar dosente lesings aanlyn, met behulp van wêreldklas oudiovisuele tegnologie, aanbied.

 

 Flip Buys - Solidariteit

Flip Buys van Solidariteit