Let Wel

Meer as R160 miljoen: Die Virseker Trust bou steeds aan ’n sterker toekoms vir Afrikaans

2 min lees tyd
Virseker trust 27 Oktober 2025 deur Virseker

Sedert sy ontstaan in 2011 het die Virseker Trust ’n belangrike rol gespeel in die bevordering en beskerming van Afrikaans deur gemeenskaps- en onderwysinisiatiewe landwyd te ondersteun. Wat as ’n visie begin het om tasbare verskil te maak, het intussen gegroei tot ’n stewige pilaar van hulp en hoop, met reeds meer as R160 miljoen in befondsing aan Afrikaanse organisasies sedert 2011, en nog R28,8 miljoen wat vir hierdie finansiële jaar beplan word.

Die Trust se doel bly duidelik: om saam met betroubare vennote die Afrikaanse taal, kultuur en gemeenskap te versterk, vir vandag én vir die geslagte wat nog kom.

Belangrike begunstigdes

Deur die jare het die Virseker Trust ’n aantal organisasies ondersteun wat elkeen ’n unieke bydrae lewer tot die behoud en bevordering van Afrikaans:

       Akademia: ’n Onafhanklike hoër onderwys instelling wat Afrikaanse studente die kans bied om in hul moedertaal te studeer en gevorm te word vir ‘n betekenisvolle toekoms.

       Skoleondersteuningsentrum (SOS): Help skole en onderwysers om Afrikaanse onderwys te verbeter en bied moderne leerplatforms soos Wolkskool wat digitale leer in Afrikaans moontlik maak.

       Virseker Trust Studiefonds: Bied rentevrye studielenings aan jongmense wat graag in Afrikaans wil studeer, en sodoende meer as 200 studente help.[MB1] 

       Kaapse Forum: Ondersteun gemeenskapsprojekte en inisiatiewe wat plaaslike strukture versterk en samehorigheid bevorder.

Projekte wat ‘n verskil maak

Benewens die jaarlikse bydraes, ondersteun die Virseker Trust ook verskeie projekte waar daar ’n dringende behoefte of unieke geleentheid ontstaan.

Hierdie bydraes sluit in:

       Weet (Maroela Media):. Weet is 'n aanlyn ensiklopedie en e-naslaangids vir leerders (asook ouers en onderwysers) en is 'n inisiatief van Maroela Media. Lees meer hier!

       Kaapse Forum se Skooltassie-projek wat aan die begin van elke skooljaar honderde kinders help om die skooljaar met trots te begin. Lees meer hier!

       SOS Wolkskool bied voortgesette ondersteuning aan die digitale leerplatform wat Afrikaanse onderwysers en leerders help om tegnologie in die klaskamer te benut. Lees meer hier!

       Hulp aan ’n skool in Villiersdorp: Ná ’n verwoestende brand in 2024 het die Trust saam met Kaapse Forum gehelp om onderrig vinnig te herstel. Lees meer hier!

       Gimnasium Pretoria: Bydraes uit surplusfondse om infrastruktuurverbeterings te ondersteun. https://gimnasium.co.za/

Hierdie inisiatiewe toon hoe die Virseker Trust vinnig en met empatie reageer waar hulp die dringendste benodig word. Of dit nou is om ’n kind se skooljaar moontlik te maak, of om ’n gemeenskap weer op die been te bring.

Afrikaanse trots met tasbare impak

Elke skenking van die Virseker Trust is meer as net finansiële steun. Dit is ’n belegging in mense, gemeenskappe en die toekoms van Afrikaans.

Met die hulp van lojale Virseker polishouers en die organisasies wat hande vat, bou die Virseker Trust jaar na jaar voort aan die nalatenskap van trots en volhoubare groei.

Om Afrikaans te bevorder. Om mense te bemagtig. Om Suid-Afrika te help bou.

Besoek die Virseker Trust-blad om meer te lees oor Virseker Trust projekte en die stories van hoop, hulp en trots wat saam moontlik gemaak is.

Het jy hierdie geniet?

Teken op vir die nuutste Virseker nuus!

Bly op hoogte van alles Afrikaans!