Let Wel

Wolkskool en Virseker Trust help behoeftige gesin se skoolfonds betaal

2 min lees tyd
Perskamer 08 Desember 2021 deur Virseker

Jacques du Toit, 'n onderwyser aan die Hoërskool Zwartkop in Centurion, is dankbaar vir kompetisies wat veral behoeftige kinders ʼn kans in die lewe kan gee. Daarom het hy ingeskryf vir Die Wolkskool en Virseker Trust se Kop-in-die-wolke-kompetisie en is onlangs as een van die wenners aangewys.

Fotobyskrif: (v.l.n.r.) Jacques du Toit (Kop-in-die-Wolke-pryswenner) en Valentyn van der Merwe (Hoof van Innovasie by die SOS).

Dié kompetisie wat deur Die Wolkskool en Virseker Trust aangebied word, gee elke maand R30 000 se skoolgeld weg aan 'n gelukkige gesin wat 'n aktiewe profiel op Die Wolkskool het en 'n Virseker-kwotasie aanvra.  Omdat Jacques nie tans 'n skoolgaande kind het nie, het hy besluit om die prysgeld te skenk aan 'n behoeftige leerder.

Du Toit gee al nege jaar klas in IGO en Pas-en-draai, 'n spesiale fokus van Hoërskool Zwartkop, en hy het ook uitgebreide ervaring as lektor by Sol-Tech – die Solidariteit Beweging se beroepskollege en ook by Aros.

Volgens du Toit is Die Wolkskool en Virseker Trust se kompetisie ongelooflik inspirerend, veral omdat dit aangewend kan word om behoeftige kinders 'n hupstoot te gee. “Ek voel geëerd om een van Zwarrie-land se kinders te kan help met die prysgeld en wil graag almal betrokke bedank vir hulle goeie werk.”

Volgens Dr. Dewald Strydom, skoolhoof by Hoërskool Zwartkop, bedien die skool die hele spektrum van Afrikaanse kinders. “Ons het ouers wat hier stop in lang, plat motors, maar ook ouers wat regtig sukkel, en steeds in hul kinders se toekoms wil belê deur hulle in 'n skool met uitstekende onderwysers, fasiliteite en leerders te plaas. Daarom is ons dankbaar vir die prysgeld. Dit gaan 'n gesin se lewe positief beïnvloed.”

Jy kan ook die volgende die Kop-in-die-wolke-wenner wees. Dié kompetisie wat deur Die Wolkskool en die Virseker Trust aangebied word, gee elke maand R30 000 se skoolgeld weg aan ʼn  gelukkige gesin wat 'n aktiewe profiel op Die Wolkskool het en 'n Virseker-kwotasie aanvra. As jy 'n bestaande Virseker-kliënt is, hoef jy net by Die Wolkskool te registreer om in aanmerking te kom, en as jy 'n kliënt is wat reeds geregistreer is, kom jy outomaties in aanmerking.

Volgens, Leon Fourie, uitvoerende hoof van die SOS, bied Die Wolkskool vir ouers en leerders gemoedsrus oor hul akademiese prestasie en is dit boonop 'n winskoop teen slegs R95 per maand. Skryf vandag nog in vir dié kompetisie deur die kompetisieblad te besoek.

Het jy hierdie geniet?

Teken op vir die nuutste Virseker nuus!

Bly op hoogte van alles Afrikaans!