Let Wel

Maak 'n Verskil

2 min lees tyd
Virseker trust 15 Januarie 2014 deur Virseker

1. Die Virseker Trust verteenwoordig die sosiale element van Virseker, Suid-Afrika se eerste korttermynverskeringsproduk eksklusief in Afrikaans. ʼn Persentasie van die polishouer se premie word in die Trust geplaas teen geen bykomende koste nie.

 

2. Die Trust gee polishouers dus die geleentheid om daadwerklik ʼn verskil te maak aan opleidingsprojekte wat hulle na aan die hart lê.

 

3. Op die Virseker Trust se agenda is beurse, beroepsopleiding en ander Afrikaanse opleidingsprojekte.

 

4. Die Virseker Trust het reeds talle beurse oorhandig.

 

5. Een van die Virseker Trust se groot projekte is die bou van ʼn nuwe Afrikaanse tersiêre opleidingskampus. Die kampus word in vennootskap met die Solidariteit Beweging gebou en gaan sowat R150 miljoen kos. Die kampus word in Waterkloof, Pretoria gebou.

 

6. Die doel van die kampus is om ʼn opleidingsfasiliteit, in Afrikaans, te bied wat sal fokus op skaars en kritieke vaardighede. Die opleiding sal op ʼn baie hoë standaard aangebied word.

 

7. Met die Trust het Virseker die afgelope jaar aan sy polishouers gewys hulle bydra werk baie hard aan opleidingsprojekte.

Het jy hierdie geniet?

Teken op vir die nuutste Virseker nuus!

Bly op hoogte van alles Afrikaans!