Let Wel

Afrikaanssprekendes wil in hul moedertaal verseker

2 min lees tyd
Virseker trust 16 Januarie 2017 deur Virseker

‘n Onlangse Facebook-peiling toon daar is beslis ‘n behoefte aan dienste wat in die kliënt se huistaal gelewer word. Dit bevestig die gedagterigting agter Virseker. Ons is Suid-Afrika se eerste versekeringsproduk wat op die Afrikaanssprekende gemeenskap gemik is en al ons versekeringsdienste in Afrikaans lewer.

 

Die peiling is met ‘n oorweldigende positiewe reaksie begroet en ondervraagdes het kommentaar gelewer soos: “Einde ten laaste, wanneer jy Afrikaanstalig is en in jou moedertaal bedien en gehelp word, praat dit met jou hart. Hoewel die gesegte reeds 'n cliché is en as gereelde bemarkingsfoefie gebruik word, bly dit nietemin waar: jou huis is (en hoort) waar jou hart is.”


Sedert ons bekendstelling het ons daarin geslaag om ’n beduidende getal polishouers te lok en ons is reeds ’n bona fide-speler in die hoogs mededingende korttermyn-versekeringsbedryf. Ons skryf ons sukses daaraan toe dat baie Suid-Afrikaners dit geniet om in Afrikaans, hul moedertaal, met ons te kan kommunikeer.


Dis nie net Virseker se dienslewering wat hom onderskei nie, maar ook die werk wat deur die Virseker Trust, sy vleuel vir gemeenskapswerk, gedoen word.


Dirk Hermann, voorsitter van die Virseker Trust, sê: “‘n Persentasie van alle Virseker-polishouers se versekeringspremie word in die Trust geplaas en dan aan opvoedkundige sake geskenk wat die Afrikaanssprekende gemeenskap na aan die hart lê.”


Virseker se sukses word verder gerugsteun deur hoogs innoverende bemarking- en advertensieveldtogte waarin die wese van die Afrikaanssprekende gemeenskap in ‘n snaakse, maar ook opvoedkundige manier vasgevang word. Die veldtogte, wat Pendoring-benoemde advertensies en vennootskappe met gewilde Afrikaanse geleenthede, konserte en plaaslike flieks insluit, het opnuut gewys hoe belangrik die gebruik van huistaal is wanneer daar met teikengehore gekommunikeer word.


Ons het nou ‘n stewige fondasie waarop ons kan bou en daar is geen twyfel Virseker sal van krag tot krag gaan in die lewering van dienste wat die waardes in ons bekende lokfrase “Jou versekering, jou mense, jou taal” weerspieël nie. 

 

Het jy hierdie geniet?

Teken op vir die nuutste Virseker nuus!

Bly op hoogte van alles Afrikaans!