Let Wel

Afrikaanse Gemeenskap

2 min lees tyd
Virseker trust 17 Januarie 2014 deur Virseker

Virseker, Suid-Afrika se eerste korttermynversekeringsproduk wat eksklusief in Afrikaans beskikbaar is, weet hoe belangrik opleiding vir die Afrikaanse gemeenskap is.

 

Dit is hoekom die Virseker Trust gestig is om vir nie net ons maar ook vir ons polishouers die geleentheid te gee om daadwerklik 'n verskil te maak met opleidingsprojekte wat so na aan ons harte lê.

 

Virseker bied dus nie net volledige motor-, huis- en gebouversekering nie maar ook die geleentheid om die gebrek aan skaars vaardighede in Suid-Afrika by die horings te pak.

 

Op die Virseker Trust se agenda is beurse, beroepsopleiding en nog talle opleidingsprojekte, alles in Afrikaans. Die Trust het reeds ses beurse aan kandidate uit? minderbevoorregte agtergrond oorhandig.

 

Die trust is ook, in vennootskap met die Solidariteitbeweging, betrokke by die ontwikkeling en bou van? Afrikaanse opleidingsfasiliteit in Waterkloof, Pretoria. Hierdie projek sal na verwagting reeds volgende jaar in gebruik geneem word.

Het jy hierdie geniet?

Teken op vir die nuutste Virseker nuus!

Bly op hoogte van alles Afrikaans!