Let Wel

Wen ʼn Renault Captur met Virseker

2 min lees tyd
Perskamer 01 April 2016 deur Virseker

Hou jou vingers op jou knoppies en jy kan dalk met ʼn spoggerige nuwe Renault Captur rond rits. Van krokodiltemmer tot die alledaagse Jan – hierdie perd het alles wat jy benodig: standaard aanboord-navigasie, spoedbeheer en -beperker, en ʼn spoggerige petrol verbruik (van af slegs 4,9l / 100km*).

Al wat jy moet doen om die bielie te wen is om jou naam, van en RENAULT na 43938 toe te SMS. Dan is jy in geskryf. Wat kan makliker wees?

Jy het ook tyd tot die 15de Julie 2016 om in te skryf en jy kan so veel keer as wat jy wil inskryf. Al die inskrywings gaan dan in ʼn boerpot en een gelukkige wenner ry met die spoggerige Renault Captur ter waarde van R235 900 weg.

Onthou om Noot vir Noot op Vrydagaande om 20:30 op SABC 2 dop te hou. Die wenner sal in die week van 18 Julie 2016 aangekondig word.

Kliek hier vir die bepalings en voorwaardes.

* NEDC gekombineerde brandstofsiklus.

 

Het jy hierdie geniet?

Teken op vir die nuutste Virseker nuus!

Bly op hoogte van alles Afrikaans!