Let Wel

Wees Die Feesseisoen Ekstra Versigtig

2 min lees tyd
Perskamer 15 Maart 2011 deur Virseker

Suid-Afrika se feesseisoen word jaarliks gekenmerk deur 'n verhoging in misdaad en padongelukke, en alhoewel ons almal baie deeglik bewus is van hierdie kommerwekkende realiteit, is ons steeds verbasend blasé daaroor. Veral as dit te doen het met dekking teen moontlike verliese en skade aan van ons eiendomme en voertuie.


Dit is die opinie van Ricardo Coetzee van Virseker, Suid-Afrika se eerste en enigste korttermynversekeringsproduk wat uitsluitlik op die Afrikaanse gemeenskap fokus.


Hy sê dat sommige Suid-Afrikaners oorgerus is as dit kom by die versekering van hulle huishoudelike goedere en besittings. Ons gaan dikwels van die oogpunt uit dat "dit nooit met my sal gebeur nie". Ander glo weer versekering is onbekostigbaar en nie werklik nodig nie.


"Dit is baie onverantwoordelik om só daaroor te redeneer, veral gedurende hierdie hoë-risiko-tydperk," sê Coetzee. Mens moet nooit te oorgerus wees nie, jou geiser kan byvoorbeeld bars en ongelooflike skade aan die binnekant van jou huis aanrig. Jou tuinmeubels kan uit jou tuin gesteel word, 'n yskas vol vars kos kan gedurende 'n kragonderbreking groot voedselverliese veroorsaak en selfs meer kommerwekkend is dat jou huis leeggedra kan word deur inbrekers."


"Terwyl mens op reis is kan mens in `n ongeluk betrokke raak of selfs gekaap word, jou selfoon kan gegaps word terwyl jy oggendete by `n padstop geniet. Ongelukkig gebeur al hierdie dinge. Mens moet die koste van wat ook al verlore of beskadig kan kan raak in ag neem en dit realisties opweeg teen die kostes verbonde aan versekeringspremies." verduidelik Coetzee.


Coetzee noem ook dat baie mense nie altyd besef dat huishoudelike versekering jou kan dek vir `n oneindige hoeveelheid omstandighede, soos jou selfoon, trapfiets en selfs jou swembad nie.


Hy verduidelik ook dat mense vind dat dit die moeite werd is om 'n gekombineerde portefeulje te kies (wat huishoudelike en motordekking insluit) omdat die afslag en waardetoegevoegde produkte wat daarmee gepaard gaan finansieel 'n baie sinvolle besluit is.


"Kliënte wat byvoorbeeld die voordele van `n gekombineerde polis geniet verkry toegang tot bystandsprogramme wat gepaard gaan met motorversekering, soos Padbystand en Mediese en Huisdekking. Hulle geniet ook toegang tot al die toegevoegde voordele wat met Huishoudelike Dekking gepaard gaan, dit sluit 'n legio risiko's asook persoonlike besittingsdekking in," sê hy.


Coetzee stel voor mense verkry dekking, veral as hulle op vakansie gaan en hulle huise gaan leeg staan. Hy waarsku ook dat sommige versekeringsmaatskappye hulle deure oor die hoë-risiko Desember en Januarie-tydperke sluit en weier om nuwe besigheid te genereer. Sommige sluit selfs misdaadklousules gedurende hierdie tydperk by hulle polisdokumentasie in.


"Met ons is dit nie te laat om dekking te verkry nie. Virseker is daartoe verbind om nuwe en bestaande kliënte die heel beste diens denkbaar te bied. Ons kan enige nuwe versekeringspolisse dwarsdeur die jaar verwerk. Dit geld ook vir die maand Desember, of die kliënt nou 'n huidige polishouer is of nie." sê Coetzee.

 

Het jy hierdie geniet?

Teken op vir die nuutste Virseker nuus!

Bly op hoogte van alles Afrikaans!