Let Wel

Vyf vinnige vrae aan Marciel

2 min lees tyd
Perskamer 15 Desember 2021 deur Virseker

Ons met met Marciel Hopkins, aanbieder van kykNET se gewilde maatsoekreeks, Boer Soek 'n Vrou, wat deur Virseker geborg word, opgevang. 

1) Wat het jy van die liefde geleer uit die nuwe seisoen vir Boer Soek ’n Vrou?

Ons moet bereidwillig wees om ons gevoelens met ons spesiale iemand te deel - al laat dit 'n mens weerloos voel. As ons nie eerlik met mekaar is oor ongemaklike gesprekke nie, kan dit mens 'n verhouding op die langtermyn kos. Soms moet ’n mens net iets sê soos dit is! 'n Paar sekondes van braafheid mag dalk vir jou 'n leeftyd se geluk en liefde beteken... 

2) Wat is die belangrikste lewensles wat jy van vanjaar se boere geleer het?

Die meerderheid van vanjaar se boere boer saam met hulle pa's, broers of die boerdery is al vir baie jare 'n familieplaas. Ek is opnuut herinner hoe belangrik familie en gesonde verhoudinge is. Ons is soveel sterker as ons saam staan en saam werk. Dit was ‘n ongelooflike voorreg om die mooi verhoudinge van die boere met hul families te sien. 

3) As jy self ’n boer was, waarmee sou jy wou boer en hoekom?

Mmmm... Beslis diere! Ek het groot geword met dwergbokkies, kalkoene en ganse. So miskien moet ek groot droom en 'n beesboerdery aanpak!

4) Jy het baie tyd op die langpad spandeer en baie van Suid-Afrika gesien - wat maak jou opgewonde oor ons land?

Die mense! Suid-Afrikaners se goedheid en gasvryheid is ongelooflik mooi om te sien. Ek glo as 'n nasie is ons in staat om enige uitdaging te oorkom, solank ons saam staan en mekaar se verskille respekteer. Suid-Afrika se landskap is ook beeldskoon mooi en só divers. Dit maak my opgewonde om ons natuurskoon te kan bewonder. 

5) Wat is jou gunsteling Afrikaanse woord?

Spookasem en pannekoek!



 

 

Het jy hierdie geniet?

Teken op vir die nuutste Virseker nuus!

Bly op hoogte van alles Afrikaans!