Let Wel

Voertuigeienaars: Maak Seker Jy't Dekking

2 min lees tyd
Perskamer 15 Maart 2011 deur Virseker

Suid-Afrika beskik oor ongelooflike vakansieplekke en vakansiegangers het werklik die geleentheid om oor die feesseisoen die land en sy wonderlike landskappe te ervaar. Hierdie ontdekkings het wel die gevolg dat mense deur baie landelike gebiede toer. Sulke gebiede is soms baie moeilik om deur te ry en op sommige plekke bloot net gevaarlik.


"Die mees belangrike ding is om altyd kalm te bly en goeie kennis toe te pas as mens deur dié dele van die land reis. As jy bewus is waarvoor om versigtig te wees as mens op hierdie landelike paaie bestuur, hoef jy nie nog `n statistiek te word nie," sê Ricardo Coetzee van Virseker. Suid-Afrika se eerste en enigste korttermynversekeringsproduk wat uitsluitlik op die Afrikaanse gemeenskap fokus.


Virseker stel voor jy neem die volgende paar handige wenke ter harte as jy op Suid-Afrika se landelike paaie bestuur:

 

  • Wees altyd op die uitkyk vir diere: In gebiede waar wilde diere voorkom moet mens veral let op wilde bokke wat paaie kruis. In meer landelike boeregemeenskappe is dit baie algemeen vir bokke en koeie om enige tyd van die dag of aand oor die pad te loop
  • Wees bewus van voetgangers – in landelike gebiede is daar baie kere voetgangers wat die paaie kruis, veral die oomblik as jy jou in `n plattelandse dorpie of stat bevind. Die inwoners is nie gewoond aan die verbygaande verkeer nie en daarom is hulle veiligheidsbewustheid gewoonlik minder as die van stadsbewoners. Jou waaksaamheid is daarom baie belangrik.
  • Bestuur teen `n maksimum spoed van 70 km per uur – moenie in die versoeking verval om vinniger as gewoonlik te ry omdat daar geen ander verkeer op die pad is nie. `n Kind of wilde dier kan onverwags in die pad verskyn en die gevolge daarvan kan lewensgevaarlik vir beide partye wees.
  • Hoe meer landelik die pad hoe groter is die kans dat dit in `n swak toestand is. Jy kan aansienlike skade aan jou kar en bande aanrig, wat natuurlik verreikende gevolge kan hê indien daar geen winkels, vulstasies of selfs selfoonopvangs in die betrokke gebied is nie. Wees ook ekstra versigtig vir slaggate
  • Coetzee sê ook, "Laastens is dit altyd wys om die plek waarheen jy oppad is te skakel om aan jou leiding en informasie te verskaf oor die roete wat jy neem. Omdat hulle dikwels self hierdie roetes neem is die kanse goed dat hulle aan jou uistekende raad kan verskaf om seker te maak dat jy veilig op die landelike pad reis."

 

Het jy hierdie geniet?

Teken op vir die nuutste Virseker nuus!

Bly op hoogte van alles Afrikaans!