Let Wel

Virseker Nommer Een In Versekeringsbedryf Vir Derde Agtereenvolgende Jaar

2 min lees tyd
Perskamer 05 Junie 2020 deur Virseker

Ons is vir die derde agtereenvolgende jaar as toppresteerder by die South African customer satisfaction index (SA-csi) aangewys en is erken vir die lewering van ‘n klasleidende ervaring in verbruikerstevredenheid.

Die Suid-Afrikaanse verbruikerstevredenheidsindeks (SA-csi), wat jaarliks deur navorsingsfirma, Consulta, uitgevoer word, bied objektiewe en statisties akkurate insae in verbruikersdiens-tendense binne die Suid-Afrikaanse korttermynversekeringsbedryf. Die SA-csi is gegrond in ‘n akademiese model wat deur verskeie markte wêreldwyd aangeneem is. Dié model smelt deur ‘n Verbruikersverwagtings, Waargenome Kwaliteit en Waargenome Waarde saam om uiteindelik ‘n telling uit 100 te verkry.

Volgens die mees onlangse SA-csi uitslae, het verbruikers ‘n gemiddelde tevredenheidstelling van 80.0 uit 100 aan die korttermynversekeringsbedryf toegeken. Virseker het ‘n punt van 83.2 behaal – ‘n verbetering op hul 2018 telling van 80.7 – wat dit die toppresteerder vir die derde jaar in ‘n ry gemaak het. Virseker het die beste presteer in Waargenome Kwaliteit, sowel as Waargenome Waarde vir Geld in 2019 en het ook die voortou geneem in Regverdige Behandeling van Kliënte. Virseker se kliënte het ook die sterkste lojaliteit teenoor die handelsmerk getoon en was die mees waarskynlike groep om dit vir hulle familie en vriende aan te beveel.

Faktore wat bygedra het tot die tevredendheid onder Virseker kliënte, was die handelsmerk se vermoë om gemoedsrus te bied, beloftes na te kom en kundige konsultante sowel as maklik verstaanbare produkte te hê.

Ons sê dankie aan elke een van ons kliënte wat aan die navorsing deel geneem en hul terugvoer gegeë het, sonder julle sou ons hierdie toekenning nie kon ontvang nie en sonder julle sou ons nie Afrikaans kon ondersteun op al die wyses wat ons doen nie.

Het jy hierdie geniet?

Teken op vir die nuutste Virseker nuus!

Bly op hoogte van alles Afrikaans!