Let Wel

Virseker is groot op Noot vir Noot!

2 min lees tyd
Perskamer 02 Februarie 2015 deur Virseker

Ons is oor die maan om aan te kondig dat Virseker dié jaar Noot vir Noot se finansiële borg is. Wat beteken dat dit nou tyd is vir jou versekering, jou mense, jou taal. Skakel elke Vrydagaand om 20:00 in op SABC 2 en toets jou musiek kennis.

 

Noot vir Noot is die langste aaneenlopende TV reeks in Suid Afrika – hulle eerste episode is in 1991 uitgesaai en hierdie jaar spog hulle met hul 40ste seisoen. Johan Stemmet was vanaf die eerste seisoen die aanbieder en het nog nie een episode in die afgelope 24 jaar gemis nie.

 

Ons is baie trots om deel van dié stukkie Suid-Afrikaanse geskiedenis te wees.

 

Onthou, dis Vrydae om 20:00 op SABC 2.

Het jy hierdie geniet?

Teken op vir die nuutste Virseker nuus!

Bly op hoogte van alles Afrikaans!