Let Wel

Vervoer jou fiets só

2 min lees tyd
Perskamer 31 Mei 2023 deur Virseker

So, jy’s moeg vir die gewone ou fietspaadjies naby die huis en het besluit om bietjie wyer uit te kring met jou roetes. Dit beteken wel dat jy nou jou fiets, veilig, in of op jou kar moet vervoer. 

Hoe beskerm jy beide jou kar en fiets teen krap-  en skaafmerke terwyl jy reis?

In meeste gevalle sal jou fiets in die kattebak of agtersitplek van jou kar kan pas, maar dit sal vereis dat jy jou fiets tot ‘n mate uitmekaar uit moet haal. Selfs op ‘n goeie dag klink daardie soos baie moeite as jy reeds lekker ver gaan ry met jou fiets. Nie eers gepraat van hoe smerig dit jou kar kan laat met ‘n fietsketting wat nou ‘n wil van sy eie het nie.

Dis mos altyd die klein jakkalsies, soos hierdie, wat ons lewens bemoeilik. Daarom bied Virseker dekking vir klein merkies en skrapies wat deur die alledaagse bestuur aan jou kar gemaak word. Virseker Verf- en Duikopknapper kan jou motor in ʼn uitstekende toestand hou terwyl jou fiets oral saam reis.

Voorsorg bly natuurlik altyd beter as nasorg daarom het Virseker drie opsies van fietsrakke vir jou kar met voor- en nadele opgesom sodat jy beide jou kar en fiets kan beskerm teen merkies en skrapies:

  • 'n dakrak,
  • ‘n kattebakrak, of
  • ‘n haakrak

 

Die dakrak

Dit is een van die gewildste maniere van fietsvervoer en laat die wêreld weet dat jy 'n buitelugmens is. Daar is 'n verskeidenheid van fiets-dakrakke waarmee dit nie nodig is om die voorwiel te verwyder.

Voordele:

  • Die binnekant van jou kar bly beskikbaar vir passasiers.
  • Dit is die mees stabiele en veilige manier om ‘n fietse te vervoer.
  • Die kattebak bly beskikbaar vir toerusting en ander bagasie.

Nadele:

  • Om die fietse op die rak te kry, verg 'n bietjie rek-en-strek.
  • Die motor sal nie meer in lae oorhoofse areas soos jou motorhuis pas nie.
  • Die windweerstand wat deur die fiets veroorsaak word, sal die motor se brandstofverbruik verhoog.

 

Die kattebakrak

Hierdie opsie kan oorweeg word as jy iets minder permanent nodig het. Die kattebakrak haak om en oor die bakkap van jou kar en kan maklik verwyder of tussen verskillende karre uitgeruil word.

Voordele:

  • Hierdie rakke is goedkoper as ander opsies.
  • Hierdie rakke kan deur verskeie voertuie gebruik word.
  • Dit is maklik om jou fiets op 'n kattebakrak te laai en jy kan die fiets/e dophou terwyl jy bestuur.

Nadele:

  • Daar is ‘n moontlikheid dat jou kar en/of fiets skade kan lei as dit nie ordentlik vasgemaak word nie.
  • Hierdie soort rak beperk toegang tot die kattebak van die kar.
  • Tensy dit goed beveilig is, is fietse en die rak blootgestel aan diefstal
  • ’n Ongeluk van agter sal beslis die fietse beskadig.

 

Die haakrak

Hierdie soort fietsrak word aan die sleephaak van jou kar geïnstalleer. Die verskeie modelle van hierdie soort rak maak voorsiening vir die fiets om óf op die rak in rubber/plastiek hakies te hang óf die fiets staan op 'n wielbak en word in plek gesluit. Alle modelle laat toe dat die fiets vervoer word sonder om wiele te verwyder.

Voordele:

  • Eenvoudige installasie en kan met verskeie voertuie gedeel word.
  • Dit is maklik om jou fiets op ‘n haakrak te laai. Sommige modelle het selfs skarniere wat toegang tot die kar se kattebak moontlik maak sonder om fietse te verwyder.
  • Die platformmodel van hierdie rak beveilig die fietse, en verminder beweging en kontak tussen fietse.
  • Hierdie rakke is geskik vir gereelde gebruik.

Nadele:

  • Hierdie soort rak is gewoonlik nogal duur
  • Hierdie soort rak beperk toegang tot die kattebak van die kar, behalwe as jy die spesiale model het.
  • Tensy dit goed beveilig is, is fietse en die rak blootgestel aan diefstal
Het jy hierdie geniet?

Teken op vir die nuutste Virseker nuus!

Bly op hoogte van alles Afrikaans!