Let Wel

3 wenke om veiligheid in parkeerareas te verseker

2 min lees tyd
Perskamer 08 Junie 2023 deur Virseker

Jy het pas ingedraai by die winkelsentrum, fliek of teater se parkade. Jou kop is reeds besig om die rede vir jou besoek se detail na te gaan. Jy kort brood, melk en vrugte, of jy besluit reeds of jy springmielies en ‘n Slushpuppy gaan kry, of eerder ‘n Coke.

Die feit dat ‘n mens se aandag afgetrek is in ‘n parkade maak jou maklike prooi vir boewe wat wag om toe te slaan. 

Hier is drie wenke om jouself te beveilig in ‘n parkade:

Wees waaksaam en bewus van jou omgewing:

Een van die doeltreffendste maniere om veiligheid in 'n parkeerarea te verseker, is om waaksaam en bewus te wees van jou omgewing. As jy die parkeerarea binnegaan of verlaat, neem 'n oomblik om jou omgewing waar te neem. Soek enige verdagte individue of aktiwiteite. Wees bedag op blindekolle en versteekte areas waar potensiële bedreigings kan skuil. Bly bedag op die teenwoordigheid van ander voertuie of voetgangers en gaan versigtig voort.

Voorsorg wanneer jy in- en uit die kar klim:

Wanneer jy parkeer kies, waar moontlik, ’n goed beligte area naby jou bestemming. Dit verminder die afstand wat jy heen-en-weer moet loop en verminder die kanse om enige gevare teë te kom. Maak dit ook 'n gewoonte om seker te maak jou motor is wel gesluit, boewe gebruik soms toestelle wat inmeng met jou afstandbeheer se sein. 
As dit moontlik is, lig 'n familielid, vriend of kollega in oor jou planne en die geskatte tyd van aankoms en weer wanneer jy ry, veral as dit in die aand is.

Vertrou jou intuïsie en handhaaf kommunikasie:

Om jou intuïsie te vertrou is noodsaaklik om persoonlike veiligheid te verseker. As iets sleg voel of jou ongemaklik maak, vertrou jou instinkte en tref die nodige voorsorgmaatreëls. As jy enige verdagte gedrag opmerk of enige potensiële sekuriteitsbedreigings aanskou, rapporteer dit onmiddellik aan die parkeerwag of sekuriteitspersoneel.

 

Het jy hierdie geniet?

Teken op vir die nuutste Virseker nuus!

Bly op hoogte van alles Afrikaans!