Let Wel

Tien vrae aan Toks & Tjops se Janina Oberholzer

2 min lees tyd
Perskamer 01 Oktober 2020 deur Virseker

Toks ’n Tjops, wat deur Virseker geborg word, is vir seker ’n instelling op Afrikaanse televisie. Ons het met Janina Oberholzer, wat een van dié gewilde kletsprogram se aanbieders is, opgevang.

1. Wat dink jy is Toks ’n Tjops se wenresep?

Die feit dat ons ’n hegte familie is!  Mense sê dit so baie, maar dit is die waarheid – ons is regtig naby aan mekaar. Wat boonop ook die program spesiaal maak is, is dat dit presies is hoe pelle om ‘n vuur sal gesels – sonder pretensie en elkeen is net hulself. En dan natuurlik die feit dat ons almal klein harte het en ons gee graag terug aan ons kykers.

2. Toks ’n Tjops is sedert 2011 op die lug, watter episode(s) of oomblikke is vir jou persoonlik baie spesiaal? 

My gunsteling episodes is die hoogtepunt-insetsels wat ons aan die einde van die jaar doen.. Dan kan jy al die lekker oomblikke van die jaar weer sien en dan lag ’n mens sommer van vooraf.

3. Julle het baie pret op stel, maar as jy een snaakse oomblik moet uitlig wat sal dit wees? 

Waar begin ek, want daar is so baie! Maar Kurt Darren se klein kragwoord is steeds vir my vrek snaaks! Toks ’n Tjops saai regstreeks uit, en Kurt se onverwagte woordeskat het beteken dat daar geen tyd was om dié blaps te “bliep” nie.

4. Wie is jou gunsteling Suid-Afrikaanse sportster en hoekom?

Ons het al soveel wonderlike sterre deur die jare ontmoet, maar ek is ‘n groot aanhanger van Gerda Steyn, die Comrades-wenner. Sy is ongelooflik nederig en gee om vir die natuur en haar medemens.

5. As jy ’n hoogtepunt in die Afrikaanse rugbygeskiedenis moet uitlig, wat sal dit wees en hoekom?

Op ’n persoonlike vlak, is dit my besoek aan Japan in 2019 vir die semi-finale van die Rugby Wêreldbeker En as dit vir ons land is, natuurlik al daardie kere wat die Bokke die Webb Ellis-troffee (in 1995, 2007 en 2019) opgelig het!

6. As jy ’n Afrikaanse liedjie was, wat sou die liedjie se naam gewees het?

“Gooi ‘n RONDTE!”

7. Wat is jou gunsteling Afrikaanse sêding of woord?

Dit is die woord “fnuik”. Dis net so mooi op die tong en ek gebruik dit nogal baie.

8. Moet ’n braaibroodjie blatjang op hê of nie?

Sonder twyfel! En hoewel baie mense dit haat, smeer ek ook botter aan die buitekant! Dan as ek nou “fancy” wil wees, sit ek bietjie avokado ook by – probeer dit!

9. Braai jy met houtskool of hout?

Ek moet eerlik wees, dit is eintlik my man, Ryno, wat meestal braai, maar dis altyd met hout!

Jou beste braaiwenk?

Dit is eintlik vir as jy potjiekos maak – jy moet self nooit voor die pot “gaar” wees nie!

Toks ’n Tjops word met trots deur Virseker geborg.

Het jy hierdie geniet?

Teken op vir die nuutste Virseker nuus!

Bly op hoogte van alles Afrikaans!