Let Wel

Só lyk ‘n goed-toegeruste noodhulpkissie

2 min lees tyd
Perskamer 28 Julie 2022 deur Virseker

’n Noodhulpkissie met die regte inhoud is die eerste voorsorgmaatreël vir wanneer jy gaan kamp. 

Maak seker dat jou noodhulpkissie skoon en waterdig is en dat dit die volgende items bevat: 

  • Burnshield (vermy Vaseline op brandwonde)
  • Traumaverbande en -doekies, en steriele gaas (om wonde skoon te maak, bloeding te stop en bloed te help verdik)
  • Handskoene (verkieslik dikker chirurgiese handskoene)
  • Knelverband (Toerniket) om erge bloedverlies te beperk 
  • ‘n “Reddingskêr” – die een met ’n hoek op die lem
  • Haartangetjie (’n tweezer) wanneer jy iets moet verwyder wat in die vel vassit 
  • Ontsmettingsmiddel om wonde te ontsmet
  • Spalk vir ‘n gebreekte arm of been
  • Oogdruppels

Bêre die volgende medikasie in jou kissie: 

  • Medikasie om koors af te bring.
  • Voorskrifmedisyne wat jou huismense gebruik, byvoorbeeld asmapompies, insulien, hartmedikasie en bloeddrukmedisyne.
  • Pynpille.
  • Antihistamien vir allergiese reaksies.
  • Maagmedikasie soos lakseermiddel vir hardlywigheid en medisyne teen diarree.

Die Afrika-Slangbytinstituut, beveel die volgende twee noodsaaklike items aan.

  • Drukverband (wat help keer dat slanggif versprei deur die limfstelsel af te sny) 
  • Asemmasker (byvoorbeeld Pocket Mask) 
Het jy hierdie geniet?

Teken op vir die nuutste Virseker nuus!

Bly op hoogte van alles Afrikaans!