Let Wel

#Skaapskattejag

2 min lees tyd
Perskamer 10 Maart 2016 deur Virseker

Ons sit met ʼn groot probleem. Stefanus ons Virsekerskaap het bietjie gaan rond snuffel om te sien hoe ons nuwe webblad lyk en nou is hy skoonveld. Help ons om die karnallie te vang en jy kan dalk ʼn Samsung S6 Edge Plus wen. 

 

Wat moet jy doen, vra jy?

Soek bietjie rond op ons webblad en as jy die stouterd kry kopieer jy die bladsyadres (URL). 

Skaapskattejag

Gaan na jou Facebook bladsy en pos die bladsyskakel (URL) waar jy Stefanus gekry het en #Skaapskattejag op jou muur. Jy kan ook via Twitter inskryf deur die bladsyskakel (URL) waar jy Stefanus gekry het en #Skaapskattejag te tweet.

Gaan ‘like’ dan die Virseker Facebook bladsy of volg ons op Twitter en jy is ingeskryf.

 

Jy het tot die 31ste Maart 2016 toe tyd om in te skryf. Wees net gewaarsku die karnallie is nogal lig op sy voete en is moeilike om vas te pen – vandag kyk hy na Huisinhoudversekering en môre wil hy ʼn kwotasie doen.

 

Onthou om jou “inbox” dop te hou van die 1ste April af, net ingeval ons vir jou ʼn boodskap stuur om te sê jy het gewen.

 

Sterkte me die #Skaapskattejag!

 

Kliek hier vir die bepalings en voorwaardes.

Het jy hierdie geniet?

Teken op vir die nuutste Virseker nuus!

Bly op hoogte van alles Afrikaans!