Let Wel

Rek só 2023 se langnaweke!

2 min lees tyd
Perskamer 14 Desember 2022 deur Virseker

Verlofdae is kosbaar, maar as jy 2023 met goeie beplanning benader, kan jy regmaak vir lieflike langnaweke wat kwalik ’n impak op jou amptelike verlofdae gaan hê. Dit beteken meer tyd vir reis, ontspanning, tyd met jou geliefdes en goeie herlaaisessies sonder dat jy jou verlofkwota uitput.

Boonop dra goeie beplanning daartoe by dat nie net jy nie, maar ook jou kollegas, beurtsgewys sake so kan werk dat almal welverdiende langnaweke in ’n besige jaar kan geniet.

Dinsdag 21 Maart, Menseregtedag: As jy amptelike verlof vir een dag neem op Maandag 20 Maart, rek jou naweek skielik tot 4 dae lank.  

Vrydag 7 April, Goeie Vrydag: Gesels met jou kollegas en maak beurte oor watter dag julle die beste gaan pas. Neem óf 6 April óf 11 April vir ’n vyfdag-lange naweek.

Maandag 10 April, Gesinsdag: As jy 6 April of 11 April een dag se verlof neem, het jy 5 vakansiedae tot jou beskikking. Jy kan selfs oorweeg om 11- 14 April amptelik verlof te neem, wat jou 10 dae weg van die daaglikse gejaag sal besorg.

Donderdag 27 April, Vryheidsdag: As jy een dag se verlof insit vir 28 April, rek jou langnaweek tot 5 dae want Maandag 1 Mei is Werkersdag. Maandag 1 Mei WerkersdagJy kan kies om van 2-5 Junie amptelik verlof in te sit sodat jou langnaweek 9 dae lank kan wees. Wat ’n heerlike blaaskans so kort voor die middel van die jaar!

Vrydag 16 Junie, Jeugdag: As jy 15 Junie of 19 Junie amptelik verlof neem, het jy ’n heerlike 4 dae lange naweek tot jou beskikking.

Woensdag 9 Augustus, Nasionale Vrouedag: Deur twee dae amptelike verlof te neem vir 7-8 Augustus of 10-11 Augustus, kan jy ’n heerlike langnaweek voor of een ná Vrouedag geniet.

Sondag 24 September, Erfenisdag: Maandag dus volgens wet ’n openbare vakansiedag. Wie gaan nou nee kan sê vir ’n heerlike blaaskans wanneer die lente aanbreek? Neem 22 September of 26 September en jy kan vir 4 dae lank ontspan.

Saterdag 16 Desember, Versoeningsdag: Ongelukkig gaan hierdie openbare vakansiedag geen langnaweek-voordeel vir jou beteken nie, juis omdat dit op ’n Saterdag val.

Maandag 25 Desember, Kersdag en Dinsdag & 26 Desember Welwillendheidsdag: Neem verlof van 27 tot 29 Desember en dit sal dan ook Maandag, 1 Januarie 2024 insluit. Dit klink mos na die perfekte plan om die feestydgevoel nog verder uit te rek deur ’n bonus-langnaweek wat oor 10 dae strek, te geniet. 
Nou maar toe!

Waarvoor wag jy? Sit daardie verlof en maak die meeste van 2023! 

Bron vir vakansiedae: https://www.officeholidays.com/calendars/planners/south-africa/2023

 

Het jy hierdie geniet?

Teken op vir die nuutste Virseker nuus!

Bly op hoogte van alles Afrikaans!