Let Wel

Reën + Blare in Geute = Somer-Nagmarrie

2 min lees tyd
Perskamer 21 Augustus 2013 deur Virseker

Die swaar reëns wat sover in 2014 regoor die land geval het, het reeds groot amok gesaai by baie wonings. Met ‘n hele klompie weke van somerreën steeds oppad rig Virseker ‘n dringende versoek aan huiseienaars om dakke en geute na te gaan en so groot skade aan hulle huise te voorkom.


“Swaar reën en plantmateriaal wat ophoop kan groot moeilikheid veroorsaak by jou huis indien jy jou geute lanklaas nagegaan het. Baie van die eise wat ons in die afgelope paar weke ontvang het wat verband hou met swaar reëns en vloede kan blameer word op swak dak- en geutonderhoud. Die kruks van die saak is dat meeste van hierdie skade vermy kon word”, sê Elmarie Twilley van Virseker.


Die toestand van ‘n huis se geute kan baie ander areas van die huis affekteer. Die mees algemene probleem wat huiseienaars ervaar met geute is dat hulle nie water behoorlik afvoer of ver weg kanaliseer van die huis af nie. Wanneer water nie met die geut langs kan vloei nie omdat dit beskadig is, of verstop is deur oorblyfsels, kan dit lei tot water dreineringsprobleme, insluitend die poel van water op die dak (veral in die geval van platdakhuise) en plafon lekkasies.


Ten einde hulle taak doeltreffend te verrig moet geute skoon en in ‘n goeie toestand gehou word. Dit beteken dat geute gereëld ondersoek en skoongemaak moet word, en enige gate herstel moet word.


“Hierdie dinge verg natuurlik ‘n bietjie tyd en moeite. Indien jy nie seker is nie, of bloot nie gretig is om self die taak aan te pak nie, kontak ‘n dak- en geut onderhoudmaatskappy om dit vir jou te doen. Die hoeveelheid geld wat jy hierop sal spandeer twee maal per jaar word verdwerg deur die kostes wat dit sou beloop om jou huis te herstel nadat skade reeds aangerig is”, sê Twilley.


Virseker bied handige wenke vir gesonde dakke en geute:

  • Verwyder enige blare en ander oorblyfsels minstens drie keer per jaar uit jou geute; veral gedurende tye van swaar reën- en blareval. Indien jy gemaklik is om met ‘n leer te werk kan jy dit baie maklik self doen.
  • Nadat oorblyfsels uit die geute verwyder is, moet geute met ‘n tuinslang uitgespuit word om dubbel seker te maak dat hulle skoon is en dat water vloei soos wat dit moet.
  • Kyk uit vir geutvoeë wat lek en herstel hulle spoedig. Lekkende voeë kan verseël word deur dit van binne met kalfaatsel, wat by meeste hardewarewinkels beskikbaar is, te stop.
  • Maak seker dat geute met ‘n effense helling na die afvoerpype loop sodat water maklik daarheen gevoer kan word.
  • Ondersoek geute gereëld vir insinking. Geute wat afsak of loskom van die huis moet herstel of vervang word.
  • Snoei bome wat oor die huis hang terug.
  • Indien jy ‘n paar hoë bome het wat oor jou huis hang, of jou huis geneig is tot verstopte geute, moet jy liefs ‘n tipe geutbeskermer installeer. Daar is ‘n verskillende variasies op die mark beskikbaar. Hulle is ontwerp om water na die geute te laat filtreer terwyl blare en ander oorblyfsels vasgevang word – baie soos ‘n sif.
  • Ondersoek jou dak vir ontbrekende of gebreekte teëls en panele. Vervang hulle so gou as moontlik.
  • Maak seker dat jou dak verseël is met ‘n kwaliteit dakverf. Dakbedekkers verskil heelwat ten opsigte van hoe gereëld hulle heraangewend moet word. Raadpleeg jou verskaffer oor hoe gereëld jy jou dak moet oorverf.
  • Maak seker dat al die afvoerpype op jou geute water doeltreffend wegvoer van jou huis af.

 

Het jy hierdie geniet?

Teken op vir die nuutste Virseker nuus!

Bly op hoogte van alles Afrikaans!