Let Wel

Noot vir Noot 40 – wat ʼn seisoen!

2 min lees tyd
Perskamer 11 Augustus 2015 deur Virseker

Wie’t gesê Vrydag die 13de is ? slegte omen? Want Vrydag die 13de Februarie het net goeie dinge vir ons ingehou. Eerstens het Noot vir Noot hul 40ste seisoen afgeskop en tweedens was dit ons eerste keer as die hoofborg. En kan ons net sê, dit was waarlik sakke vol pret en plesier gewees.


Om die borgskap te vier het ons besluit om ? blinknuwe Renault Megane 1.2 Turbo GT-Line ter waarde van R289 900 weg te gee. Ons het duisende SMS-inskrywings ontvang maar ongelukkig kon daar net een wenner wees. So, op Dinsdag, 14 Julie, was dit Sophia Voges van Klerksdorp in Noordwes wat die sleutels vir die spogmotor ontvang het.


“Ek is so gelukkig met hierdie pragtige motor, en dis van Franse afkoms, nes ek!” het sy op dié dag gesê waar sy die Virseker span as ook Johan Stemmet ontmoet het. “Hy is al vir so lank ? bekende gesig – ? ‘gas in die sitkamer’ – dat dit gevoel het asof ek met ? jarelange vriend kuier.”


Wat meer is, Nadine, die wenner van die liefdadigheidsepisode waar vier SA-bekendes teen mekaar gespeel het, het haar prysgeld van R50 000 aan die DBV in Midrand geskenk. "Ek was en is nog altyd mal oor diere en ek kan nie aan 'n beter organisasie dink om die geld voor te gee, as die DBV in Midrand nie.” Dit was ‘n belewenis om die helde te ontmoet wat so mooi en liefdevol na die diere omsien by die Midrand DBV.

Het jy hierdie geniet?

Teken op vir die nuutste Virseker nuus!

Bly op hoogte van alles Afrikaans!