Let Wel

Meeste huisrowe met hulp van binne uitgevoer

2 min lees tyd
Perskamer 21 Augustus 2013 deur Virseker

Dis ‘n alombekende feit dat ‘n groot hoeveelheid huisrowe met hulp van binne uitgevoer word.


Elmarie Twilley van Virseker sê dat “meeste huisrowe uitgevoer word met behulp van inligting van huishulpe, tuiniers en voormalige werknemers. In baie gevalle lei kriminele hierdie werknemers met skelmstreke om die bos om inligting rakende die huis en inwoners bekend te maak. Hulle gesels, so in die verbygaan, met huishulpe terwyl hulle oppad werk toe is en weet net watter vrae om te vra om meer inligting oor hulle teikens te verkry, vanaf daaglikse roetines en watter sekuriteitsmaatreëls in plek is, tot watter waardevolle items binne die huis is.”


Twilley sê dat, in sommige gevalle, die werknemers gewilliglik hierdie inligting deel wanneer daar aan hulle ‘n finansiële aansporing gebied word. In ander gevalle is dit ‘n ontevrede voormalige werknemer wat dié inligting ‘gratis en verniet’ deurgee.


“Onthou dat die mense wat jy aanstel om in jou huis en tuin te werk volle toegang daartoe, en kennis daarvan, sal hê. Maak dus ‘n punt daarvan om te verseker dat jy iemand aanstel wat jy kan vertrou. Die veiligste manier om goeie en vertrouenswaardige huis- en tuinhulpe op te spoor is deur middel van verwysings van vriende, bure en familie.


“Dit is ook baie belangrik om minstes een kontakbare verwysing te hê wat vir die persoon kan instaan. Indien enige iets nie pluis is nie, soos dat hulle ID nommer nie bestaan nie of dat hulle nie die besonderhede kan verskaf van mistens een persoon aan wie hulle vantevore dienste gelewer het nie, moet hulle liefs nie aanstel nie.


“Nodeloos om te sê dat jy nooit enige iemand ‘van die straat af’ in diens behoort te neem nie. Ongelukkig is baie mense steeds naïef genoeg om iemand op die straathoek op te laai om stukwerk by hulle huise te kom doen. Dit kan uiters gevaarlik wees”, sê Twilley.


Virseker gee ook verdere advies:

 

  • Hou alle waardevolle items, soos duur juwele, buite sig en opgesluit.
  • Moenie ‘n blinde oog draai na insidente soos geld of ander items wat verdwyn nie.
  • Waarsku werknemers teen kriminele wat mag probeer om hulle om die bos te lei om inligting oor jou en jou huis uit te gee. Sê vir hulle dat hulle met niemand moet gesels oor wat binne jou huis aangaan nie.
  • Moenie werknemers volle toegang tot jou huis – soos afstandbeheer-toestelle vir die hek of sleutels vir die voordeur – gee nie.
  • Verbied werknemers om die hek, of deur, vir enige iemand oop te maak tensy jy vir hulle vra om dit te doen. Kriminele is welbekend daarvoor dat hulle hulself voordoen as diensverskaffers om huishulpe te flous om hulle in te laat.
  • Moedig jou werknemers aan om jou “oë en ore” te wees wanneer jy nie tuis is nie en om enige iets wat nie pluis is nie aan jou te vermeld.
  • Maak seker dat jou huishulp weet waar die paniekknoppies in jou huis is, sowel as alle noodnommers, soos byvoorbeeld dié van die polisie en jou gewapende sekuriteitsvoorsiener.

 

Het jy hierdie geniet?

Teken op vir die nuutste Virseker nuus!

Bly op hoogte van alles Afrikaans!