Let Wel

Kom Kuier Saam Virseker By Die KykNet Buite-Ekspo En Wen Kaartjies Na Skouspel

2 min lees tyd
Perskamer 15 Maart 2011 deur Virseker

Besoekers aan die Virseker-uitstalling by vanjaar se kykNET Buite-ekspo staan 'n kans om een van twee dubbelkaartjies en 'n aand verblyf na vanjaar se Huisgenoot-Skouspel te wen.


Virseker, Suid-Afrika se eerste en enigste korttermynversekeringsproduk, gemik eksklusief op die Afrikaanse gemeenskap, is 'n senior borg van die kykNET Buite-ekspo wat van 22-25 September 2011 by die vyfster Mbizi Karavaanoord buite Bela-Bela in die Limpopo-provinsie plaasvind.


Virseker is ook 'n hoofborg van vanjaar se Huisgenoot-Skouspel wat van 7-9 en 14-16 Oktober by Sun City aangebied word.


Om te kwalifiseer vir die Huisgenoot-Skouspel kompetisie moet besoekers 'n draai maak by die Virseker-stalletjie waar al die inligting, oor hoe om deel te neem, beskikbaar sal wees. Jou besoek en kompetisie-inskrywing kwalifiseer jou ook vir T-hemp en verskeie ander lekker pryse.


"Ons kykNET Buite-ekspo bied aan ons die perfekte geleentheid om ons nuwe versekeringsproduk te bemark. Daar bestaan ook 'n wonderlike sinergie tuseen ons en die ekspo. Virseker verseker nie net motors, huise en geboue nie maar ook karavane, karavaaninhoud, sleepwaentjies, bote en waterponies," sê Ricardo Coetzee, Virseker-woordvoerder.


Die kykNET Buite-ekspo gaan na verwagting 3 000 kampeerders en 15 000 plus dagbesoekers lok. Die vierdag-ekspo spog met 180 uitsallers, helikoptervlugte, wildritte, ritte op olifante en inter-aksie en daar word selfs vir die eerste keer op hierdie groot skaal 'n 'skattejag' met GPS navigasie toerusting beplan (Geo-caching). Vir nadere inligting besoek www.ekspo.co.za.


Virseker gee ook Skouspel-kaartjies op hulle Facebook-bladsy weg. "Like" die bladsy en staan 'n kans om te wen.

 

Het jy hierdie geniet?

Teken op vir die nuutste Virseker nuus!

Bly op hoogte van alles Afrikaans!