Let Wel

Jy kan op ons staatmaak om jou persoonlike inligting veilig te hou

2 min lees tyd
Perskamer 02 Desember 2021 deur Virseker

Soos jy weet is “betroubaarheid” een van ons kernwaardes, en natuurlik hoef ons dit nie eers uit te spel nie, jy kan ten alle tye op ons staatmaak – ons respekteer jou privaatheid, en aangesien ons ten volle daartoe verbind is om aan die Wet op Beskerming van Persoonlike Inligting (POPIA) te voldoen, is jou persoonlike inligting veilig by ons.

As gewaardeerde kliënt, is dit vir ons belangrik om vir jou deurlopende terugvoer oor jou beskikbare voordele en alles wat by Virseker gebeur te gee, sodat jy juis optimale versekering ten alle tye het en dat jy van enige veranderinge bewus is.

As jy graag op ons databasis wil bly hoef jy geen aksie te neem nie. Ons sal voortgaan om jou oor die mees onlangse nuus en veranderinge, en oor ons fantastiese produkte en dienste ingelig te hou, soos:

  • Die manier waarop ons al ons ondervinding gebruik om ons versekeringsaanbiedinge te vervolmaak. 
  • Die trots waarmee jy deel van die Virseker familie kan wees, want ons is veelvuldige wenner van die SAcsi dienstoekenning en jou premies help boonop Afrikaans se toekoms deur die Virseker Trust.
  • Ons aanlyn dienste, waar jy jou polis self aanlyn kan bestuur, jou polisdokumente aflaai en veranderinge maak, slegs deur die kliek van ʼn paar knoppies.
  • Al die voordele wat ons aanbied, soos ons moeitelose, pasgemaakte dienslewering.
  • Ons Gatsakbonus wat jou 25% van al jou premies in kontant teruggee as jy vir vier ononderbroke jare eisvry bly. *
  • Afslag as jy veelvuldige karre verseker het, of as jy jou kar- en huisversekering kombineer.
  • Ons steeds groeiende reeks van produkte, wat nou ook ʼn keuse van Mediese Gapingsdekking, Stampvol-produkte en Sakeversekering insluit.

Ons sal per e-pos met jou gesels. As jy egter vir enige rede wil ophou om kommunikasie van ons af te kry, kliek op die uitteken-skakel in die e-pos wat jy ontvang het.

Wees asseblief verseker dat ons voortdurend ons bes doen om waarde tot jou versekering te voeg en jou ingelig te hou oor jou gekose versekering.

*Teen ‘n klein additionele fooi beskikbaar by jou maandelike premie.

 

 

Het jy hierdie geniet?

Teken op vir die nuutste Virseker nuus!

Bly op hoogte van alles Afrikaans!