Let Wel

Wen Afrikaans is Groot dubbelkaartjies

2 min lees tyd
Perskamer 30 September 2016 deur Virseker

Afrikaans is Groot is om die draai en ons kan nou nie meer wag om lekker makietie te hou nie. As trotse mede-borg, wil ons graag 300 stelle dubbelkaartjies weggee – sodat jy saam met ons kan opskop!

 

Hier is hoe dit werk. 

Om ’n definitiewe kans te staan om dubbelkaartjies vir dié musiekfees los te slaan, moet jy ten minste drie van jou mense vra om ’n verpligtingvrye kwotasie met Virseker te voltooi. Jy kan ’n maksimum van drie stelle dubbelkaartjies kry. Kliek hier om mense te verwys. Onthou, die mense wat jy verwys, moet weet dat ons hulle gaan skakel. Lees die bepalings en voorwaardes hier.

 

Hierdie jaar gaan die beste van die beste by Afrikaans is Groot optree. Kunstenaars sluit in Juanita Du Plessis, Steve Hofmeyr, Bobby van Jaarsveld, Theuns Jordaan, Die Heuwels Fantasties, Karlien van Jaarsveld, Jay, Riana Nel, Dewald Wasserfall, Jannie Moolman, Elvis Blue, Snotkop, Corlea Botha, Touch of Class, Monique Steynen vele meer!

 

Die datums van die vertonings is as volg: 

  • 23 November 2018 19:30
  • 24 November 2018 13:00
  • 24 November 2018 19:30
  • 25 November 2018 13:00
  • 29 November 2018 19:30
  • 30 November 2018 19:30
  • 01 December 2018 13:00
  • 01 December 2018 19:30
  • 02 December 2018 13:00

 

Waarvoor wag jy? Verwys jou mense en kry dubbelkaartjies vir hierdie onvergeetlike vertoning!

 

Bepalings en voorwaardes geld. FDV-lisensienommer: 16354.

Het jy hierdie geniet?

Teken op vir die nuutste Virseker nuus!

Bly op hoogte van alles Afrikaans!