Let Wel

Gesin “kop-in-die-wolke”oor prys

2 min lees tyd
Perskamer 08 Desember 2021 deur Virseker

“Mamma, ons het iets gewen!” Dit was die opgewonde woorde van Safran Fourie, nadat sy ma Lira hom vertel het dat hulle een van die gelukkige wenners is van die Virseker Kop-in-die-wolke kompetisie wat vanjaar in samewerking met die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) se Wolkskool aangebied word.

Lira Fourie, ‘n kunsonderwyseres, beskryf dit as ‘n wonderlike voorreg en sê sy is verlig dat die finansiële las volgende jaar so ‘n bietjie ligter gaan wees. Haar twee seuns, Safran (gr. 5) en Lourier (gr. 2) is leerders aan die Laerskool Pretoria-Oos. Safran vertel dat hy Die Wolkskool gereeld gebruik as aanvulling tot sy daaglikse skoolwerk en as maatskaf om te sien of hy al die werk verstaan.

Fotobyskrif: (v.l.n.r.) Marius Walkenshaw (Skoolhoof: Laerskool Pretoria-Oos), Valentyn van der Merwe (Hoof van Innovasie: SOS), Safran Fourie en Lira Fourie. 

Mr. Marius Walkenshaw, hoof van die skool, sê: “Dit was so ‘n voorreg dat een van óns ouers hierdie prys kon wen. Ons het vanjaar deurgaans ons leerders aangemoedig om van Die Wolkskool gebruik te maak, omdat dit so ‘n moeilike jaar was. Dit het ons, as onderwysers, se hande so ‘n bietjie ligter gemaak. Ons onderwysers neem ook gereeld deel aan opleidingsgeleenthede van SOS.”

Daar is steeds kans om die volgende die Kop-in-die-wolke-wenner te word.

Skryf vandag nog in vir dié kompetisie deur die kompetisieblad te besoek.

Dié kompetisie wat deur Die Wolkskool en die Virseker Trust aangebied word, gee elke maand R30 000 se skoolgeld weg aan ʼn gelukkige gesin wat ʼn aktiewe profiel op Die Wolkskool het en ʼn Virseker-kwotasie aanvra. As jy wel ʼn bestaande Virseker-kliënt is, hoef jy net by Die Wolkskool te registreer om in aanmerking te kom, en as jy ʼn kliënt is wat reeds geregistreer is, kom jy outomaties in aanmerking.

Die Wolkskool bied aan ouers en leerders gemoedsrus oor hul akademiese prestasie en is dit boonop ʼn winskoop teen slegs R95 per maand.

Het jy hierdie geniet?

Teken op vir die nuutste Virseker nuus!

Bly op hoogte van alles Afrikaans!