Let Wel

Drie sakpas rygoed

2 min lees tyd
Perskamer 06 Augustus 2020 deur Virseker

Weens die Covid-19-pandemie is die land se ekonomie onder groot druk, en gevolglik lei talle verbruikers se finansies ook daaronder. Die Virseker Trust het onlangs R1-miljoen vir Covid-19 verligting geskenk, wat moontlik gemaak is deur Virseker polishouers deurdat ‘n gedeelte van hul premies aan die Virseker Trust geskenk word. Kliek hier om meer hieroor te lees

Nóg ‘n slagoffer is verkope van nuwe voertuie wat aansienlik gedaal het, terwyl verbruikers waarskynlik hul sente meer gaan omdraai.

Daarom is dit raadsaam vir diegene wat ’n nuwe ryding moet koop om eerder ’n betroubare en bekostigbare opsie te oorweeg. En, daar is eintlik ’n lang lys van motors om van te kies en te keur.

Drie stryders in die intreemark wat gewild is, is die Suzuki S-Presso, Renault Kwid en die Hyundai Atos.

 

Suzuki S-Presso

Suzuki as ’n vervaardiger sit nie sommer ‘n voet verkeerd nie en dié Japanese vervaardiger se modelle blyk gewild te wees. Suzuki het onlangs die S-Presso hier bekend gestel en die intreevlakweergawe is tans een van die goedkoopste nuwe motors in Suid-Afrika. Boonop spog selfs die goedkoopste S-Presso-model met talle kenmerke waaronder lugversorging, elektriese venster en selfs parkeersensors tel.

Model: Suzuki S-Presso GL

Prys: R139 900

Enjin: 1,0-liter, petrol

Veiligheid: ABS-remme, lugsakke voor

Diensplan: Twee-jaar/30 000 km

 

Renault Kwid

Die afgelope paar jaar het Renault se Kwid soos soetkoek verkoop en is dit een van die gewildste toetreevlak motors. Renault het onlangs ook die Kwid opgekikker en dit ’n parmantige voorkoms gegee. Nes sy mededingers kom die goedkoopste Kwid-model met talle geriefskenmerke, maar selfs ook met ’n radio wat Bluetooth-funksionaliteit bied sodat jy handvrye selfoonoproepe kan maak.

Model: Renault Kwid Expression

Prys: R156 900

Enjin: 1,0-liter petrol:

Veiligheid: ABS-remme, lugsakke voor

Diensplan: Twee-jaar/30 000 km

 

Hyundai Atos

Hyundai het die afgelope paar jaar ’n goeie reputasie in Suid-Afrika opgebou en sy voertuie, wat wissel van bekostigbare rygoed tot luukse sportnutse, geniet dikwels voorkeur by verbruikers. Só het Hyundai sy arsenaal onlangs versterk toe die Atos sy terugkeer na Suid-Afrika gemaak het. Die Atos bied nie net baie waarde vir geld nie, maar is goed toegerus en spogs selfs met ’n raakskerm-multimediastelsel. Boonop is dit belangrik vir kopers om kennis te neem dat die Atos met ’n sewe-jaar-waarborg kom.

Model: Hyundai Atos Motion

Prys: R165 900

Enjin: 1,0-liter, petrol

Veiligheid: ABS-remme, lugsakke voor

Diensplan: Opsioneel

 

Voertuigversekering

Het jy geweet? Virseker bied drie hoof motorprodukte aan om vanuit te kies: Omvattende-, Derdeparty, Brand en Diefstal-,en Slegs Derdeparty versekering. En dit alles natuurlik in Afrikaans! Kliek hier om meer te lees.

Die bogenoemde informasie is slegs vir inligtingdoeleindes en alle informasie deur gegee in hierdie artikel is korrek tot op die datum van publikasie.

Het jy hierdie geniet?

Teken op vir die nuutste Virseker nuus!

Bly op hoogte van alles Afrikaans!