Let Wel

Die haelseisoen is hier!

2 min lees tyd
Perskamer 25 September 2014 deur Virseker

Die haelseisoen is altyd vol konsternasies. Om ʼn ogie op die weerburo te hou kan jy maklik dié moles misloop en met versekering vir jou motor en huis deur Virseker is jy ten volle gedek.


As jy buite is en ʼn haelbui breek uit, maak seker dat jy so vinnig as moontlik onder ʼn dak kom. Of dit nou ʼn vulstasie, ʼn onderdakparkade of ʼn brug is – vind skuiling!


Dit is baie belangrik om van glas en vensters af weg te bly gedurende ʼn haelstorm. As jy dit glad nie kan vermy nie, gooi jouself toe met ʼn kombers en draai jou rug op die vensters.


Wanneer ʼn haelbui uitbars terwyl jy bestuur, verminder dadelik jou spoed. Maak ook die gaping tussen jouself en die voertuig voor jou groter en skakel jou ligte en noodligte aan.


As ʼn haelbui jou tog gevang het, kan jy ons gerus skakel by 0860 08 60 97 of jy kan hier kliek om jou eis aanlyn in te dien.


Hael vrae:


Moet ek dadelik my hael eis insit?
Nee dis nie nodig nie, indien die haelstorm as ʼn ramp verklaar word sal ons, ons werksure verleng om die inkomende oproepe te akkommodeer.


Wanneer sal ek ʼn datum kan bevestig vir my voertuig se herstelwerk?
Wanneer die skadebepaling gedoen word sal die herstelwerk datum met jou bespreek word.


Hoekom moet ek my voertuig vat vir ʼn skadebepaling?
Ons doen ʼn skadebepaling sodat ons die mees effektiewe en tydbesparende herstel proses vir jou voertuig kan bepaal.

 

Het jy hierdie geniet?

Teken op vir die nuutste Virseker nuus!

Bly op hoogte van alles Afrikaans!