Let Wel

COVID-19: Só Takel Jy Onsekerheid Oor Die Toekoms

2 min lees tyd
Perskamer 29 April 2020 deur Virseker

Die nuwe aanbieder van kykNET se gewilde werklikheidsreeks Boer Soek ’n Vrou, Marciel Hopkins, spog met met ’n Honneursgraad in sielkunde van die Universiteit van Stellenbosch en is ook ’n opgeleide lewensafrigter. Nie net lewer Marciel motiveringspraatjies nie, maar sy help ook individue om ’n positiewe ingesteldheid te hê.

VIRSEKER, wat die hoofborg van Boer Soek ’n Vrou is, het by Marciel gaan aanklop vir wenke vir Jan Alleman wat weens die Covid-19-pandemie tans uitdagings in hul persoonlike of professionele lewens in die gesig staar.

Só sukkel baie mense om die onsekerheid wat die Covid-19-krisis teweeg gebring het te hanteer. 

Marciel gee raad:

Neem dit vir eers dag vir dag. As ons elke dag ure spandeer aan om onsself te bekommer oor wat oor twee weke of die volgende maand gaan gebeur, mors ons net kosbare tyd en energie.

Die toekoms is tans buite ons beheer, so ons moet dit aanvaar en fokus op die nou. So graag soos wat ons sou wou, kan ons nie nou groot lewensbesluite maak nie en daarom moet jy ophou om onnodige druk op jouself te plaas. Doen wat jy kan om vandag so produktief, gesond en gebalanseerd as moontlik te lewe. En as jy nie krag het om te oefen of produktief te wees nie, is dit ook goed. Niemand verwag van jou om gewig te verloor of om berge te versit in hierdie tyd nie. Wat jou ookal help om onder die huidige omstandighede te oorleef, doen meer daarvan. 

My beste praktiese wenk vir hierdie tyd is om vir jouself struktuur te skep binne die chaos waarin ons tans leef. Staan elke dag dieselfde tyd op, stort en trek vir jou dag-klere aan, maak afsprake met jou vriende en familie oor wanneer jy hulle gaan bel en beplan hoe laat en wat jy wil eet. Dit is klein goedjies waaroor ons beheer het en wat ons die geleentheid gee om eienaarskap te neem oor ons huidige situasie. Staan sterk, want dié beker sal ook by ons verby gaan…

Het jy hierdie geniet?

Teken op vir die nuutste Virseker nuus!

Bly op hoogte van alles Afrikaans!