Let Wel

Besigheidsversekering: gemoedsrus het nie ’n prys nie

2 min lees tyd
Perskamer 20 November 2017 deur Virseker

As jy jou eie besigheid het, is jou sukses direk gekoppel aan jou welstand. Daarom moet jy jouself teen enige onvoorsiene risiko’s kan beskerm. Ons wil nie hê jy moet slapelose nagte hê nie, daarom het ons hierdie inligting bymekaargesit.

Terwyl besigheidsversekering soos ʼn onnodige onkoste blyk, moet jy dit eerder as ’n belegging sien. Dit bied sekuriteit en gemoedsrus. Verseker liefs jou besigheid, want mens kan in ’n oogwink alles verloor. Solank jy jou huiswerk doen en die regte dekking teen die regte prys het, kan jy maar rustig slaap.

’n Noodsaklikhied vir alle besighede

Kan jy bekostig om op enige gegewe oomblik jou besigheid se ryding te vervang? Kan jy in ’n japtrap jou verlies dek as daar ’n brand uitslaan? Besigheidsversekering dek, onder andere, die skade of diefstal van jou besigheidsvoertuig, skade aan ‘n derdeparty se voertuig of eiendom, persoonlike skade, en gebeurlikheidsaanspreeklikheid. Onthou, as jy kapitaal leen, moet jy gewoonlik persoonlik borg teken namens die besigheid. Dit beteken dat jou boedel aanspreeklik gehou kan word vir die skuld van die besigheid.

Begin by die begin

Wanneer jy die eertse stappe neem om jou besigheid te verseker, maak seker jy weet presies wat jy nodig het. Elke besigheidsektor het sy eie bates, risiko’s en verantwoordelikhede. Sodra jy ‘n basiese idee het van wat jy gaan nodig hê, doen verder huiswerk. Kies ‘n versekeraar wat jou behoeftes verstaan en jou sal bystaan as dinge skeefloop.

Dit is ook belangrik om alles aan jou versekeraar te verklaar oor jou besigheid. As jy nie eerlik is nie, kan dit jou eise in die toekoms affekteer. Hou hulle altyd op hoogte met nuwe verwikkelinge ook. 

Ons kan help

Virseker het pas besigheidsversekering geloots ­– nie net om jou te bevoordeel nie, maar ook om jou die voorsprong te laat behou. Ons bied dekking vir ’n verskeidenheid risiko’s, en ook gratis 24/7 besigheidsbystand – vir professionele advies omtrent regs- en belastingkwessies tot IT- en finansieringsbystand.

Lees gerus meer op ons besigheidsversekering-blad of skakel ons by 0861 47 73 22 vir ‘n verpligtingvrye kwotasie, pasgemaak vir jou. Ons sal trots wees om jou besigheid te verseker!

B’s & V’s geld.

Het jy hierdie geniet?

Teken op vir die nuutste Virseker nuus!

Bly op hoogte van alles Afrikaans!