Let Wel

Afrikaanse Ikone Gehuldig In Die Virseker-Konsert

2 min lees tyd
Perskamer 15 Maart 2010 deur Virseker

Virseker het onlangs 'n viering van Afrikaans – sy erfenis, identiteit en kultuur – by Emperors Palace in Johannesburg gehou.


Dié spog geleentheid is deur vooraanstaande Afrikaanssprekendes, lede van die publiek en die media bygewoon.


Terwyl gaste aan 'n heerlike tradisionele Afrikaanse driegangmaaltyd gesmul het is hulle deur kunstenaars soos Steve Hofmeyr, Bobby van Jaarsveld, Ses Snare, Jannie Moolman, Bianca le Grange, Brandon October, Amanda Strydom en Liesl Marx vermaak. Hulle het nuwe verwerkings van treffers soos Agter elke man, Stuur groete aan Mannetjies Roux, Sprokie vir 'n stadskind, Jantjie, Lisa se klavier en Sweef soos 'n arend gesing.


Die Virseker-temalied Ons lewe, wat deur Mel Botes geskryf en getoonset is, is op die konsert bekend gestel. Die lied, wat deur al die kunstenaars op die konsert gesing, het die gehoor op sy voete gehad.


Nog 'n hoogtepunt op die konsert was toe onderrigbeurse van die Virseker Trust aan drie kandidate oorhandig is wat nie tersiêre onderrig kan bekostig nie.

 

Het jy hierdie geniet?

Teken op vir die nuutste Virseker nuus!

Bly op hoogte van alles Afrikaans!