Let Wel

Afrikaans is Groot 2016 was ’n reusesukses

2 min lees tyd
Perskamer 05 Desember 2016 deur Virseker

Die 5de jaarlikse Afrikaans is Groot konsert het tussen 11 en 26 November 2016 plaasgevind in Moreleta Park, en die vertonings het omtrent die gehore laat gons! Meer as 90 000 mense het bymekaargepak om ons land se top Afrikaanse kunstenaars te sien optree.

 

Onder die bekendes was Juanita du Plessis, Bok van Blerk, Karlien van Jaarsveld, Jay, Karen Zoid, Laurika Rauch, Bobby van Jaarsveld, Riana Nel, Dewald Wasserfal, Jannie Moolman en Corlea Botha.

 

Afrikaans is Groot is die grootse Afrikaanse muskiekfees in die land en Virseker is al vir 3 jaar die trotse mede-borg van dié fees. Ons het net soveel pret gehad soos dié wat die vertonings bygewoon het! Hierdie jaar het ons ’n fotowinkel gehad, en ons het ook springmielies, Slush Puppies en spookasem weggegee. Die Virseker promotors het die terrein platgeloop en oulike pryse uitgedeel, soos sambrele, notaboekies, koffiebekers en meer.

 

Kaapstad, dit is binnekort julle beurt! Hou ‘n ogie oop vir die kaartjieverkope in 2017. Ons kan nie wag om saam met julle makietie te hou nie.

Het jy hierdie geniet?

Teken op vir die nuutste Virseker nuus!

Bly op hoogte van alles Afrikaans!