Let Wel

Nataniel

2 min lees tyd
Perskamer 08 Julie 2013 deur Virseker

Daar is baie maniere om Afrikaners uitteken – ons hou van sport, kan lekker lag, staan nooit terug om ’n hand by te sit nie, en is erg lief vir kos. Of ons nou kos maak (Sondag se braaivleis tel ook) of net lekker eet – lekker kos is deel van wie ons is.

Ons kan nou ook met groot vreugde aankondig dat Virseker ook ’n paar vingers in die pasteideeg het.

Die tweede seisoen van die gewilde Nataniël Tafel het Dinsdag 16 Julie op Kyknet afgeskop met Virseker as een van die program se borge. Die program het die mense aan die gons en beloof om nuwe hoogtes te bereik met 26 episodes propvol genot, plesier, bekende gesigte, en natuurlik heerlike kos.

Maar as jou Dinsdae aande klaar vol bespreek is, is daar altyd die heruitsendings op:
• Donderdae om 04:00
• Donderdae om 22:00
• Saterdae om 14:00
• Sondae om 22:30

So daar is geen verskoning om hierdie fenomenale kook program mis te loop nie.

 

Het jy hierdie geniet?

Teken op vir die nuutste Virseker nuus!

Bly op hoogte van alles Afrikaans!