Let Wel

So vier mens mos Pi-dag!

2 min lees tyd
Bak brou 14 Maart 2016 deur Virseker

Dis reg ja, vandag is π-dag! Die 14de dag van die derde maand is Pi-day (soos die Amerikaners dit skryf). En soos ons almal weet is die waarde van π mos 3.14159... Wat kan tog lekkerder wees as om die dag te vier met ʼn lekker stukkie pastei?

Nou goed, ons weet ʼn tert is nou nie eintlik ʼn pastei nie maar vir so ʼn lekker pepermenttreffer kan ons maar bietjie anderpad kyk. In alle waarheid, wie van ons kan sê dat hulle nie met ʼn potjie vol gelukkigheid gevul is wanneer hul aan ʼn regte pepermenttert dink nie? ʼn Regte peperment tert soos dié een.

Lees hieronder wat jy alles benodig om ʼn pepermenttert vir ongeveer 10 mense te maak.

Bestanddele: 

¾ k suiker

2 k botter

2 eiers

2 k maaskaas

1 pak tennisbeskuitjies (of meer indien nodig)

2½ e pepermentgeursel of -likeur

2 Peppermint Krisp sjokolades, gerasper

 

Metode:

Klop die suiker en botter tot romerig.

Meng die eier en geursel en voeg by.

Voeg die maaskaas by. Meng goed deur.

Pak ’n laag tennisbeskuitjies onderin ’n vierkantige tertbak.

Gooi die helfte van die vulsel oor, en rasper een Peppermint Crisp bo-oor.

Herhaal die proses met nog ’n laag vulsel en Peppermint Crisp bo-op.

Laat staan oornag in die yskas.

 

Resep geneem uit Louise van der Hoven se boek Woestynkombuis te kry:

http://www.foxandravenemporium.com/products/woestynkombuis-louise-van-der-hoven

::CAPTCHA_BOX::

Het jy hierdie geniet?

Teken op vir die nuutste Virseker nuus!

Bly op hoogte van alles Afrikaans!