Let Wel

Melkkoek

2 min lees tyd
Bak brou 05 Desember 2022 deur Virseker

Probeer dié soet bederf  van Herman Lensing vir jou feestafel! Ja, dié koek bevat letterlik drie van die lekkerste melke: ingedampte, kondensmelk en vars melk! 

genoeg vir een 30 cm-koek

300 g (375 ml) strooisuiker 3 heel eiers
3 eierwitte
210 g (375 ml) koekmeel
15 ml bakpoeier
5 ml fyn kaneel
5 ml vanieljegeursel
125 ml melk
250 ml ingedampte melk 250 ml room
250 ml kondensmelk
15 ml donker rum

Verhit oond tot 180 °C. Voer 30 cm- losboomkoekpan met bakpapier uit en spuit goed met kleefwerende kossproei. Klits strooisuiker, eiers en eierwitte in menger se bak tot ligte skuimmengsel, sowat 8 minute. Sif terwyl eiers klits meel, bakpoeier en kaneel saam. Vou droë bestanddele met groot metaallepel by eierskuim in. Vou vanielje en melk laaste in. Gooi mengsel in voorbereide koekpan en bak vir 25-30 minute of tot toetspen skoon uitkom. Bring terwyl koek bak res van bestanddele tot kookpunt. Haal warm koek uit oond en gooi warm melkmengsel oor. Laat afkoel en sit voor.

 

Het jy hierdie geniet?

Teken op vir die nuutste Virseker nuus!

Bly op hoogte van alles Afrikaans!