Snoekkoekies met sitrus mayonnaise
Probeer gerus hierdie maklike resep van Herman Lensing en maak dit in ‘n lugbraaier (airfryer)!
Genoeg vir 4-6
- 30 ml botter , gesmelt
- 1 ui, fyngekap
- 2 knoffelhuisies, fyngekap
- 400 g gerookte snoek, fyngevlok
- 4 takkies tiemie, fyngekap
- 50 ml koekmeel
- 2 eiers
- sout en varsgemaalde swartpeper
- 100 g broodkrummels
- 30 ml olyfolie
- 200 ml mayonnaise van goeie gehalte
- slaaiblare van jou keuse
- 2 suurlemoene, in wiggies
Verhit lugbraaier op braaifunksie tot warm. Meng botter, uie en knoffel. Voeg by gevlokte snoek saam met tiemie, meel en 1 eier. Meng goed saam. Geur met sout en swartpeper. Vorm koekies van sowat 100 g elk. Klits ander eier in 'n plat bak. Doop koekies in eier en dan in broodkrummels. Pak koekie sin mandjie van lugbraaier. Braai koekies sowat 5 - 8 minute aan 'n kant of tot goudbruin en gaar. Sit warm voor saam met mayonnaise, slaai en suurlemoen.
Deel hierdie artikel op sosiale media