Let Wel

Resep: Regte bolognaise, sonder enige werk!

2 min lees tyd
Bak brou 16 Augustus 2021 deur Virseker

Probeer gerus hierdie maklike resep van Herman Lensing en maak dit in ‘n lugbraaier (airfryer)!

Genoeg vir 4-6

45 ml olyfolie

250 g spek, grof gekap

1 ui, fyngekap 

2 knoffelhuisies, gekap

500 g maer lams- of beesmaalvleis

1 x 410 g-blik gekapte tamaties

410 g-blik tamatiepuree

30 ml harissa paste

’n hand vol tiemie

350 ml rooiwyn 

1 x 100 g-blok parmesaankaas, gerasper

sout en varsgemaalde swartpeper

spagehtti vir voorsit

 

Verhit lugbraaier tot 180 C. Plaas ‘n pot in jou lugbraaier en verhit tot warm. Voeg olie by. Voeg die spek, ui en knoffel by. Braai 5–8 minute of tot die spek mooi bruin is. Voeg die maalvleis by en braai nog 5–8 minute of tot die vleis bruin is. Maak seker jy roer al die klonte in die maalvleis goed uit sodat jy ’n lekker los vleismengsel het. Voeg die blik tamaties, tamatiepuree, ½ van die tiemie en al die rooiwyn by. Meng goed en stel die hitte op laag. Laat minstens 30-40 minute stadig prut terwyl jy dit elke 10 minute roer. (Hoe langer die mengsel kook, hoe lekkerder die sous.) Voeg die parmesaankaas en die res van die tiemie by. Roer weer. Geur goed met sout en varsgemaalde swartpeper.

Het jy hierdie geniet?

Teken op vir die nuutste Virseker nuus!

Bly op hoogte van alles Afrikaans!