Let Wel

Resep: Pampoen- en chorizo-gnocchi

2 min lees tyd
Bak brou 21 Oktober 2021 deur Virseker

Probeer gerus hierdie maklike resep van Herman Lensing en maak dit in ‘n lugbraaier (airfryer)!

genoeg vir 4

  • 300 g pampoenblokkies
  • 45 ml olyfolie
  • 6 takkies salie, fyngekap
  • 225 g chorizo, in skywe gesny
  • 600 g gekoopte gnocchi
  • 4 eiergele
  • 500 ml room
  • 5 ml neutmuskaat
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 100 g pekanneute, fyngekap
  • 200 g mozzarellakaas, gerasper


Verhit oond lugbraaier 180 °C. Plaas pampoen op ’n oondroosterplaat en sprinkel olie en salie oor. Rooster vir 15 minute in warm oond of tot pampoen sag maar nie pap is nie. Maak intussen gnocchi gaar volgens aanwysings op pak en dreineer in vergiettes. Meng eiergele, room en neutmuskaat saam. Plaas pampoen, chorizo en gnocchi in bak wat in lugbraaier pas. Gooi eiergeel mengsel oor. Sprinkel neute en kaas oor. Geur goed met sout en peper. Plaas in lugbraaier en bak vir 10-15 minute of tot goudbruin. Sit voor.

Het jy hierdie geniet?

Teken op vir die nuutste Virseker nuus!

Bly op hoogte van alles Afrikaans!