Let Wel

Resep: Niks-moeite hoenderpastei

2 min lees tyd
Bak brou 23 September 2021 deur Virseker

Probeer gerus hierdie maklike resep van Herman Lensing en maak dit in ‘n lugbraaier (airfryer)!

genoeg vir 6

  • 1 gaar hoender van supermark 45 ml botter
  • 250 g bruin sampioene
  • 250 ml room 
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Kors

  • 1groot suurdeeg brood, in stukke gebreek 1
  • 15 g (125 ml) botter

Sampioensous

  • 1 x 80 g-pakkie gedroogde sampioene
  • 80 ml kookwater
  • 500 ml room
  • 60 ml espresso-koffie 
  • sap en fyngerasperde skil van 2 suurlemoene
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit oond tot lugbraaier op bakfunskie tot 200 C. Vlok vleis van karkasse af en hou eenkant. Plaas pot in lugbraaier en verhit botter in ’n braaipan en braai sampioene tot goudbruin. Voeg hoender by en braai nog 5 minute. Gooi room oor en meng deur. Geur goed met sout en swartpeper. Laat vulsel afkoel. Skep vulsel in ‘n 30 cm ronde oondbak van jou keuse. Breek brood in growwe stukke en pak bo vulsel. Smelt botter en gooi bo oor – maak seker elke stukkie van die brood is bedek met die botter. Bak vir 15 minute of tot brood goudbruin en bros is. Terwyl pastei bak maak sous: plaas al die sous besatnddele in middelslag pot en kook vir 10 minute. Gooi deur ‘n sif en geur goe dmet sou ten peper. Sit voor saam met pastei.

Het jy hierdie geniet?

Teken op vir die nuutste Virseker nuus!

Bly op hoogte van alles Afrikaans!