Let Wel

Resep: Gebraaide steak met kortpad bearnaise-sous en baba-aartappels

2 min lees tyd
Bak brou 17 September 2021 deur Virseker

Probeer gerus hierdie maklike resep van Herman Lensing en maak dit in ‘n lugbraaier (airfryer)!

Ek is dol op steak met ’n klassieke béarnaisesous. Hier gee ek dit ’n kruiekinkel vir ekstra smaak.

genoeg vir 4

  • 60 ml witwynasyn
  • 60 ml witwyn
  • ½ ui, baie fyn gekap
  • 4 swartpeperkorrels
  • hand vol pietersielie, grofgesny
  • sap en gerasperde skil van 1 suurlemoen
  • 4 eiergele
  • 400 g-blok botter, gesmelt
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 4 sirloins op die been
  • 60 ml olyfolie
  • 500 g sak baba aartappels, gekook tot amper gaar

Plaas asyn, witwyn, uie en peperkorrels in ’n klein pot en bring tot kookpunt. Laat kook tot vloeistof met helfte verminder het. Gooi mengsel deur ’n sif in ’n glasmaatbeker met ’n volume van 500 ml. Voeg pietersielie, suurlemoensap, -skil en eiergele by. Plaas staafmenger op bodem van glasbeker en skakel aan. Terwyl menger loop, gooi botter geleidelik by tot romerige sous vorm. Geur goed met sout en peper. As die mengsel dalk skif, hou aan verwerk en voeg twee of drie eetlepels koue room by en pols tot mengsel weer bymekaarkom. Nou vir die vleis: Verhit airfrfyer tot warm op braai funksie. Smeer steak met olyfolie en geur goed met sout en peper.Plaa sin braai mandjie met gekoote aartappels rondom dit. Braai vir 6-8 mimute vir mediumgaar, of langer as jy jou vleis gaarder verkies. Haal vleis uit en laat rus vir 2 minute sodat vleissap kan ontspan. Sny in skywe en sit voor met kruiesous.

 

Het jy hierdie geniet?

Teken op vir die nuutste Virseker nuus!

Bly op hoogte van alles Afrikaans!