Let Wel

Resep: Daai bobotie wat almal voor vra

2 min lees tyd
Bak brou 13 Augustus 2021 deur Virseker

Probeer gerus hierdie maklike resep van Herman Lensing en maak dit in ‘n lugbraaier (airfryer)!

Genoeg vir 6-8

 

 

Maalvleisvulsel

40 ml botter 

1 groot ui, gekap

2–3 knoffelhuisies, fyngedruk

30 ml matige kerriepoeier

10 ml fyn borrie

60 ml suurlemoensap

1 kg beesmaalvleis

2 snye witbrood, in ’n bietjie melk geweek

1 Granny Smith-appel, geskil en gerasper

1 ryp piesang, fyngedruk

100 ml witwyn 

85 g (140 ml) pitlose rosyne

45 ml appelkooskonfyt

sout en varsgemaalde peper

 

Eiervla 

3 eiers 

250 ml melk 

 

Maalvleisvulsel

Verhit die lugbraaier tot 180 °C. Verhit die botter in ’n pan in die lugbraaier tot warm. Braai die uie en knoffel daarin tot die uie deurskynend is. Voeg die kerriepoeier, borrie en suurlemoensap by en meng deur. Braai tot geurig. Voeg die maalvleis by, meng goed en braai tot verbruin. Giet die melk van die brood af (hou die ekstra melk vir die vla), druk fyn en meng deur die maalvleismengsel. Voeg die appel, piesang, wyn, rosyne en appelkooskonfyt by en meng. Gebruik ’n lepel en maak die vulsel hoër in die middel van die pan sodat die eiervla aan die kante van die pan kan opdam. 

Eiervla

Klits die eiers en melk saam en giet dit oor die maalvleis. Bak 25–35 minute in die verhitte lugbraaier tot die vla gestol het.

Het jy hierdie geniet?

Teken op vir die nuutste Virseker nuus!

Bly op hoogte van alles Afrikaans!