Let Wel

Resep: Broodpoeding

2 min lees tyd
Bak brou 01 September 2021 deur Virseker

Probeer gerus hierdie maklike resep van Herman Lensing en maak dit in ‘n lugbraaier (airfryer)!

  • 8 croissants
  • 1x 300 g piesangbrood
  • 1 liter melk
  • 5 eiers
  • 200 g (250 ml) suiker
  • 10 ml kaneel
  • 125 g frambose
  • 100 g pekanneute, gekap
  • 100 g donkersjokolade, grofgekap
  • 500 ml vanieljevla vir voorsit

Voorverhit die lugbraaier 180 °C.

Breek die croissants in kleiner stukke en plaas in ’n groot mengbak. Krummel die piesangbrood in kleiner stukke en voeg by die croissants. Voeg die res van die bestanddele by en meng deur. Maak seker alles is goed bedek. Spuit ’n 3 liter- Bundtpan met kleefwerende kossproei en skep die mengsel in die koekpan. Bak die poeding vir 20-25 minute of tot goudbruin en gestol. Keer uit op ’n opdienbord en giet die vla oor. Sit voor.

Het jy hierdie geniet?

Teken op vir die nuutste Virseker nuus!

Bly op hoogte van alles Afrikaans!