Resep: Afrika-frikadelle

 

Probeer gerus hierdie maklike resep van Herman Lensing en maak dit in ‘n lugbraaier (airfryer)!

genoeg vir 4

  • 1 ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 1 x 130 g-houer harissapasta (kyk op jou supermark se pestorak)
  • 2 x 410 g-blikke gekapte tamaties
  • 1 x 410 g-blik kekerertjies, gedreineer
  • 12 gekoopte beesvleisfrikkadelle
  • hand vol koljander
  • olyfolie
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit jou lugbraaier tot warm en plaas ‘n pot in die airfryer se mandjie. Voeg ‘n groot skeut olyfolie by. Voeg uie en knoffel by en braai vir 2-3 minute tot uie begin verbruin. Voeg harissapasta en tamaties by en meng deur. Roer kekerertjies deur en geur goed met sout en peper. Pak frikkadelle in sous en sprinkel koljander oor. Plaas terug in lugbraaier 15-20 minute of tot frikkadelle gaar is. Sit warm voor met stysel van jou keuse.