Let Wel

Pangebraaide tuna met grenadellasalsa

2 min lees tyd
Bak brou 05 Desember 2022 deur Virseker

Eenvoudige vars slaai wat sy man kan staan as hoofgereg, bykos of ligte ete. Dit is somer op 'n bord.
genoeg vir 6

60 ml olyfolie, plus ekstra vir braai
400 g of 4 vars tunafilette (jy kan ook forel of salm gebruik)
2 cm vars gemmer, fyngerasper
2 knoffelhuisies, fyngerasper 1 hand vol vars koljander
20 ml vissous
60 ml sojasous
30 ml bruinsuiker
pulp van 6 vars grenadellas
1 sprietui (spring onion), fyngekap
1 rooi brandrissie, fyngekap

Verhit kleefvrye braaipan oor hoë hitte tot warm. Sprinkel bietjie olyfolie in pan vir braai. Seël die tuna of vis wat jy gebruik 10 sekondes per kant. Jy kan dit langer braai as jy nie van die rou vis hou nie – maar die geheim is in die marinade. Haal vis uit pan en hou eenkant in bak terwyl jy die marinade maak: Meng 60 ml olyfolie met res van bestanddele. Gooi marinade oor vis en laat marineer 2 uur lank in yskas. Haal vis uit marinade en sny in dun skywe met skerp mes. Pak op dienbord en skep marinade oor. Sit voor.

Het jy hierdie geniet?

Teken op vir die nuutste Virseker nuus!

Bly op hoogte van alles Afrikaans!