Die beste bykos vir jou braai!
genoeg vir 6
6 geelmielies, skoongemaak
30 ml olyfolie
2 knoffelhuisies, fyngekap
200 g-pak spekblokkies
500 ml room
50 g parmesaankaas, gerasper
125 ml (50 g) growwe broodkrummels
sout en varsgemaalde swartpeper
Verhit oond tot 180 °C. Bring ’n groot pot met water tot kookpunt en dompel mielies in water. Kook vir 8-10 minute of tot pitte begin sag word. Verhit intussen ’n middelslagpot oor hoë hitte tot warm en voeg olyfolie by. Voeg knoffel en spek by en roerbraai vir 2-3 minute of tot spek begin verbruin. Voeg room by en meng deur. Verlaag hitte en laat liggies prut vir 5-8 minute of tot room met helfte verminder het. Dreineer mielies en plaas in oondroosterpan. Meng kaas en broodkrummels. Geur roomsous goed met sout en peper en gooi oor mielies. Sprinkel ruim met kaasmengsel. Bak vir 10-12 minute of tot goue kors op mielies vorm. Sit voor.